Inligting met betrekking tot Inkomstebelasting
ALGEMEEN Indiening van opgawe 1 Agtergrond 1 Voltooiing van u opgawe 1 Persoonlike besonderhede 2
HUURINKOMSTE Inligting oorgedra vanaf 2005 2
BRONNE VAN INKOMSTE Tipe van inkomste 2 Alle inkomste-items wat op u IRP5 en/of IB3(a) sertifikaat getoon word 3 Algemene inligting aangaande bronne van inkomste 3
BELASTINGKREDIETE EN REDES VIR NIE-AFTREKKING VAN BELASTING Inligting benodig in geval van 'n IRP 5 5 Inligting benodig in geval van 'n IB3(a) 6 Bewys van betaling van buitelandse krediete 6
AFTREKKINGS Medies 6 Skenkings 7 Pensioen-, uittredingannuïteits-, voorsorgsfonds en inkomstebeskermingsbydraes 7 Verblyftoelae 9 Ander uitgawes 9
REISKOSTE 13
SKEDULES
: Beleggingsinkomste 16
: Plaaslike besigheid, bedryf of professie (huur- en boerderyinkomste ingesluit) 17
: Kapitaalwins/verlies 23
: Totale belasbare buitelandse inkomste 25
: Ander plaaslike ontvangste en toevallings nie reeds verklaar nie 26
: Ontvangste en toevallings wat u as nie-belasbaar beskou nie 26
: Boerderybedrywighede 26
STAWENDE INLIGTING
Bates en laste 34 Addisionele inligting 34 Besonderhede van persoon deur wie die opgawe voltooi is 35
BELASTINGBEREKENING 35
SKEDULE VAN MEDIESE UITGAWES NIE INGEDIEN EN / OF VERHAAL VANAF U MEDIESEFONDS NIE 37
U opgawe moet op die datum soos aangedui op die opgawe ingedien word.
As u nie die opgawe binne die voorgeskrewe tydperk kan indien nie, moet u aansoek doen om uitstel via die SARS webwerf, www.sars.gov.za, of dien 'n skriftelike aansoek in by u plaaslike SARS-kantoor.
Indien u alreeds 'n opgawe vir hierdie jaar ingedien het, stuur die opgawe wat u nou ontvang het terug met vermelding van u verwysingsnommer en die SARS-kantoor waarheen u die vorige opgawe gestuur het.
Indien die spasie vir enige deel op die opgawe onvoldoende is, heg 'n aparte skedule met die tersaaklike besonderhede daarop by u opgawe aan.
LET WEL:
Indien u 'n opgawe ontvang het, moet dit ingevul en teruggestuur word. Moenie enige betalings of korrespondensie wat nie op hierdie opgawe betrekking het daarby insluit nie. Trusts en Spesiale Trusts moet 'n IB12TR opgawe voltooi.
Die opgawe bestaan uit drie afdelings, naamlik:
Deel 1 bestaan uit bladsye 1 tot 6. Hier moet u u persoonlike besonderhede kontroleer, alle inkomste waarvoor u 'n IRP5 / IB3(a) sertifikaat ontvang het verklaar, die uitgawes wat u eis aandui, asook die addisionele inligting soos op bladsye 3 tot 5 versoek, voorsien. Bladsy 6 maak voorsiening vir die berekening van u eis t.o.v. reiskoste.
Deel 2 bestaan uit die volgende Skedules:
Beleggingsinkomste.
Plaaslike besigheid, bedryf en / of professie (huur- en boerderyinkomste ingesluit).
Kapitaalwins / verlies.
Totale belasbare buitelandse inkomste.
Ander ontvangstes en toevallings nie reeds verklaar nie.
Ontvangste en toevallings wat u as nie-belasbaar beskou.
Inkomste verkry uit boerderybedrywighede.Hierdie Skedules is op bladsye 7 tot 11 geleë.
Deel 3 spreek die indiening van die staat van bates en laste en addisionele inligting aan.
U is verplig om te verseker dat 'n volledige en akkurate openbaring gemaak word in u belastingopgawe. Wanvoorstelling, versuim, weglating, verskaffing van onjuiste inligting of die versuim om 'n opgawe in te dien kan lei tot die heffing van boete, addisionele aanslae (tesame met rente) en / of vervolging, soos omskryf.
U handtekening
Die opgawe moet deur u onderteken word. 'n Ongetekende opgawe kan beskou word as 'n opgawe wat nie ontvang is nie, wat die heffing van boete, vir die laat indiening van so 'n opgawe tot gevolg kan hê.
Beswaar teen 'n aanslag n Skriftelike beswaar teen 'n aanslag moet die SARS kantoor wat op die aanslagkennisgewing aangedui word, binne 30 dae na datum van die aanslag bereik.
LET WEL:
Die verpligting om belasting te betaal of rente op onbetaalde belasting te betaal word nie uitgestel deur die indiening van 'n beswaar of appèl nie.
U persoonlike besonderhede is vooraf gedruk op u opgawe. Maak asseblief seker dat dit korrek is. Indien van die besonderhede verander het, foutief is, of weggelaat is, moet u die verandering in die wit gedeeltes op bladsy 1 aanbring.
Adres verandering
Ingevolge Artikel 67 van die Inkomstebelastingwet, moet u binne 60 dae u plaaslike SARS kantoor in kennis stel, indien u korrespondensieadres op enige stadium sou verander het. Sou u versuim om SARS van die verandering in kennis te stel kan dit die heffing van 'n boete, ingevolge Artikel 75 van die Inkomstebelastingwet, tot gevolg hê.
DEEL 1.14 BANKBESONDERHEDE
Dit is uiters noodsaaklik dat die bankbesonderhede wat op die opgawe gedruk is korrek is, ten einde te voorkom dat terugbetalings in foutiewe rekenings gemaak word. Dui enige veranderings in bankbesonderhede in die wit gedeeltes in deel 1.14 aan. Elektroniese betalings sal geskied deur gebruik te maak van die banktakkodenommer en nie die naam van die bank nie.
LET WEL: Geen terugbetaling sal in die bankrekening van 'n derde party of agent inbetaal word nie.
Gebaseer op die inligting verkry vanaf u opgawe vir die 2005 jaar van aanslag is 'n unieke identifikasienommer geskep en toegeken ten opsigte van elke eiendom / bate waaruit huurinkomste verkry is. Vir maklike verwysing van die unieke identifikasienommer met betrekking tot 'n spesifieke eiendom / bate wat voorheen verklaar is, is die betrokke inligting in hierdie gedeelte van die opgawe vooraf gedruk ten einde u behulpsaam te wees met die korrekte voltooiing van die huurskedule op bladsye 8 en 9 van u huidige belastingopgawe.
Maak asseblief seker dat die adresbesonderhede / beskrywing met verwysing na die reeds toegekende unieke identifikasienommer korrek is. Indien nie, moet u die korrekte besonderhede in die huurskedule op bladsye 8 en 9 van u opgawe aandui. Indien u in die vorige jaar 'n verlies gely het en die verlies is buite rekening gelaat (omhein) in die vasstelling van u belasbare inkomste, sal die verlies as 'n "0" in die wins / verlies kolom aangedui wees. Let asseblief daarop dat 'n "0" ook in die kolom aangedui sal wees as geen wins of verlies verkry is uit die bedryf wat betrekking het op 'n spesifiek toegekende unieke identifikasienommer.
DEEL 3.1 TIPE VAN INKOMSTE
Dui aan watter bronne van inkomste u ontvang of toegeval het en voltooi die toepaslike dele / skedules van u opgawe soos aangedui.
DEEL 3.2 BRONKODE VAN HOOFBEDRYF
Hoofbedryf is die belangrikste aktiwiteit wat deur u beoefen word. Gebruik die onderstaande tabel om vas te stel watter kode van toepassing is en voltooi deel 3.2 van u opgawe dienooreenkomstig.
DEEL 3.3 BRONKODE VAN HOOFBRON VAN INKOMSTE
Dit is die bron waaruit die hoogste bruto inkomste gegenereer word. Dit is nie noodwendig die belangrikste aktiwiteit wat deur u beoefen word nie. Bepaal die bronkode deur gebruik te maak van die bronkodeboekie of verkry die inligting op die SARS webwerf, www.sars.gov.za.
Bronkodetabel ten opsigte van hoofbedryf van inkomste (Die tabel is alfabeties opgestel vir maklike verwysing)
BRON-KODEBESKRYWING BRON-KODEBESKRYWING
Agentskappe en ander dienste 34 Metaal 12
Ander vervaardigingsnywerhede 18 Metaalprodukte (uitgesonderd masjinerie en toerusting) 13
Bakstene, keramiek, glas, sement en dergelike produkte 11 Mynwese en steengroefwerk 02
Chemikalieë en chemiese-, rubber- en plastiekprodukte 09 Navorsings- en wetenskaplike institute 28
Elektrisiteit, gas en water 19 Onderwysdienste 27
Finansiering, versekering, vasteeiendomenbesigheidsdienste 25 Ontspanning en kulturele dienste 31
Gespesialiseerde hersteldienste 33 Papier, drukwerk en uitgewery 08
Groothandel 21 Persoonlike en huishoudelike dienste 32
Hout, houtprodukte en meubels 07 Steenkool- en petroleumprodukte 10
Kleinhandel (ingeslote posbestellings) 22 Tekstielstowwe 04
Klerasie en skoeisel 05 Verversings en akkommodasie 23
Konstruksie 20 Vervoer, opberging en kommunikasie 24
Landbou, bosbou en vissery 01 Vervoertoerusting (uitgesonderd motorvoertuie onderdele en toebehore) 16
Langtermynversekeraars 26 Voedsel, drank en tabak 03
Leer, leerprodukte en pelse (uitgesonderd skoeisel en klerasie) 06 Voertuie, onderdele en toebehore 15
Maatskaplike en verwante gemeenskapsdienste 30 Werkverskaffing (salaris) 35
Masjinerie en verwante items 14 Wetenskaplike, optiese en dergelike toerusting 17
Mediese, tandheelkundige, ander gesondheidsdienste en veeartsenykundige dienste 29
DEEL 3.4 ALLE INKOMSTE-ITEMS WAT OP U IRP5 EN / OF IB3(a) SERTIFIKAAT GETOON WORD
Voorbeelde van inkomste / voordele wat by u opgawe ingesluit moet word:
Ontvangstes en toevallings vir dienste gelewer of dienste wat nog gelewer moet word
Kommissie
Direkteursgelde
Diens- en byvoordele
Toelaes
Oortyd
Aansporingstoekennings
Lone en salarisse
Opsies / Regte om aandele, ens., te koop
Pensioene
Gratifikasies / enkelbedrae
Bonusse
Handelsbeperking
Fooitjies
Jaargelde
Alle IRP5 en IB3(a) sertifikate moet aan u opgawe geheg word.
Bruto uittredingfunderingsdiensinkomste
Indien die gedeelte van u IRP5 sertifikaat wat na die bruto uittredingfunderingsdiensinkomste verwys, teenoor die kode 3697 'n bedrag dra, moet hierdie bedrag teenoor die kode 3697 in deel 3.4 van u opgawe getoon word.
a Pensioene n Pensioen vanaf die private sektor moet verklaar word indien die dienste ten opsigte daarvan in die Republiek gelewer is vir ten minste twee uit die tien jaar, wat die datum waarop die pensioen vir die eerste maal betaalbaar geword het, voorafgegaan het.
Slegs die toepaslike gedeelte van u pensioen sal aan belasting in die Republiek onderhewig wees indien die pensioen vir dienste gelewer binne en buite die Republiek toegeken is. Waar u op so 'n vrystelling geregtig is, moet u besonderhede van u dienstermyn in die Republiek asook u totale dienstermyn met betrekking tot die pensioen betaalbaar, verstrek.
Pensioene wat die Suid-Afrikaanse Regering, Transnet, Provinsiale Administrasies en Plaaslike Owerhede toeken, is ten volle belasbaar.
b Vrygestelde pensioene
Die volgende pensioene is van belasting vrygestel:
Oudstryderspensioen.
Vergoeding ten opsigte van siektes opgedoen deur persone werksaam in die mynboubedryf.
Ongeskiktheidspensioene betaal ingevolge artikel 2 van die Wet op Maatskaplike Pensioene.
Enige vergoeding betaalbaar ingevolge die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes.
Bedrae ontvang ingevolge die bestaansveiligheidstelsel van 'n ander land.
Pensioen vanaf 'n bron buite die Republiek wat nie geag word vanaf 'n Suid-Afrikaanse bron te wees nie, soos uiteengesit onder pensioene hierbo.
c Handelsbeperking
Enige bedrag ontvang op of na 23 Februarie 2000 as vergoeding ten opsigte van 'n handelsbeperking, sal deel uitmaak van inkomste van die persoon aan wie sodanige betaling gemaak is. Dit geld ten opsigte van:
n Natuurlike persoon;
n Arbeidsmakelaar, behalwe 'n arbeidsmakelaar ten opsigte waarvan 'n vrystellingsertifikaat uitgereik is.
d Opsies / Regte om handelseffekte te verkry
Winste deur 'n direkteur of werknemer gemaak ten opsigte van die uitoefening, sessie of afstanddoening van 'n reg om handelseffekte, d.w.s. sekuriteite, effekte, skuldbriewe, aandele, opsies of ander belange wat op 'n aandelebeurs of andersins verkoop kan word (dit sluit ook aandele, ens. van private maatskappye in), moet as inkomste getoon word indien daardie reg toegeken was óf in die hoedanigheid van 'n direkteur óf oud-direkteur of ten opsigte van dienste wat aan 'n werkgewer gelewer is of nog gelewer moet word.
e Versekeringspolisse gesedeer
Indien die eiendomsreg van 'n assuransiepolis aan u oorgedra is deur u werkgewer, moet die belasbare waarde hier verklaar word. 'n Waardasiesertifikaat moet verskaf word.
f Huwelike binne gemeenskap van goedere
Inkomste ontvang of toegeval uit die beoefening van 'n bedryf (behalwe die verhuring van vaste eiendom) sal geag word die inkomste te wees van die gade wat die bedryf beoefen. Waar die gades in vennootskap handel dryf, sal die inkomste, onderhewig aan die teenvermydingsbepalings, volgens die ooreengekome verhouding van winsverdeling toeval. Enige voordele betaalbaar deur 'n pensioen, voorsorg- of uittredingannuïteitsfonds sal geag word inkomste te wees wat verkry is uit 'n bedryf en sal in die hande van die lid of gewese lid van die fonds belas word. Enige jaargeld ontvang as gevolg van 'n aangekoopte jaargeld, soos omskryf in Artikel 10Avan die Inkomstebelastingwet, sal ook geag word bedryfsinkomste te wees en sal in die hande van die persoon aan wie die jaargeld betaalbaar is, belas word.
Inkomste ontvang of toegeval op 'n ander wyse as uit die beoefening van 'n bedryf (bv. rente), met inbegrip van huurgeld uit die verhuring van vaste eiendom, ten opsigte van bates wat deel vorm van die gemeenskaplike boedel, sal geag word in gelyke dele aan die gades toe te geval het. Waar inkomste nie aan die gemeenskaplike boedel toeval nie, sal dit by die inkomste van die gade wat die boedel besit, ingesluit word (hierdie inkomste moet duidelik geïdentifiseer word).
Waar enige gade se inkomste geag word die inkomste van die ander gade te wees, sal enige aftrekkings of toelaes, wat op daardie inkomste betrekking het, in dieselfde verhouding toegelaat word as waarin die inkomste belas word.
g Ontvangstes van minderjarige kinders
U is self aanspreeklik vir die betaling van belasting op inkomste ontvang deur of toegeval aan of ten gunste van enige van u minderjarige kinders, indien sodanige inkomste voortspruit uit 'n skenking, oormaking of ander beskikking deur - (i) uself; of ii iemand anders, indien u op u beurt 'n skenking, oormaking, beskikking of ander teenprestasie regstreeks of onregstreeks ten gunste van so iemand anders of sy gesin gemaak of gegee het. U minderjarige kind sal egter in sy / haar eie reg aanspreeklik wees vir die betaling van belasting op inkomste wat nie deur u toedoen aan hom / haar toeval nie, soos bona fide salaris, beleggingsinkomste deur die kind verkry uit sy / haar eie fondse. Indien u kind se belasbare inkomste voldoende is om hom / haar vir belasting aanspreeklik te maak, moet u, as die wettige voog, 'n inkomstebelastingopgawe verkry en vir hom / haar indien.
Annuïteite ontvang uit uittredingannuïteitsfondse moet as inkomste verklaar word en die toepaslike sertifikate, wat vanaf die betrokke instellings ontvang is, moet aan die opgawe geheg word.
Jaargelde ontvang van vorige werkgewers, versekeringspolisse, trusts, boedels en aangekoopte jaargeld moet hier verklaar word. Die kapitaalinhoud van 'n aangekoopte jaargeld is vrygestel van belasting.
LET WEL: 'n Sertifikaat ontvang vanaf die versekeringsmaatskappy wat die kapitaalinhoud aandui, moet aan die opgawe geheg word.
Enkelbedragvoordele
Enkelbedragvoordele ontvang van pensioen-, voorsorgs- en uittredingannuïteitsfondse moet verklaar word. Indien belasting afgetrek is, moet die IRP5 sertifikaat aan u opgawe geheg word.
SARS sal die belasbare gedeelte van die voordeel en die toepaslike skaal van belasting bepaal.
Gratifikasies
Enige bedrag ontvang van u werkgewer in die vorm van 'n gratifikasie, insluitende bedrae ontvang as gevolg van beëindiging van dienste, moet verklaar word.
SARS sal die belasbare gedeelte en die toepaslike skaal van belasting bepaal.
Die omstandighede waaronder alle sodanige toekennings gedoen is moet aangedui word, en die bedrag moet in die toepaslike deel in die opgawe ingevul word.
Inkomste ontvang deur of toegeval aan 'n mynwerker, bo en behalwe sy normale besoldiging en toelaes, as 'n lid van 'n protospan vir die verrigting van enige gevaarlike opdrag gedurende 'n noodgeval in 'n myn moet getoon word.
SARS sal die toepaslike skaal van belasting bepaal.
Indien u meer as een IRP5 en / of IB 3(a) ontvang het, moet die inligting ten opsigte van elke sertifikaat aangedui word.
Inligting benodig in die geval van 'n IRP5 sertifikaat
Voltooi die IRP5 nommer, werkgewer se verwysingsnommer, die bruto besoldiging (kode 3699), standaard inkomstebelasting op werknemers (SIBW) en lopende betaalstelsel (LBS).
Inligting benodig in die geval van 'n IB3(a) sertifikaat
Voltooi die IB3(a) verwysingsnommer, werkgewer se verwysingsnommer en die bruto besoldiging (kode 3699) aangesien geen belasting teruggehou is nie. In plaas van die belasting moet die rede vir die nie-aftrekking van werknemersbelasting aangedui word, bv. 02.
Bewys van betaling van buitelandse belastingkrediete
Eis die belastingkrediete ten opsigte van buitelandse dividende, buitelandse rente, ander buitelandse inkomste en / of buitelandse kapitaalwins transaksies teenoor die kodes 4111, 4112, 4113 en / of 4114 in deel 4 van die opgawe.
Die volgende dokumentasie is voorbeelde van bewyse wat aanvaar sal word as bewys vir bedrae wat betaal is ten opsigte van buitelandse belasting:
Indien buitelandse belasting deur die bron teruggehou is, die oorspronklike dokumentasie ontvang vanaf die betrokke bron;
Indien buitelandse belasting nie deur die bron teruggehou is nie, 'n belastingaanslag of kwitansie uitgereik deur die betrokke belastingowerheid.
LET WEL:
Buitelandse belastingkrediet sal beperk word tot die bedrag betaalbaar in Suid-Afrikaanse belasting in verhouding tot buitelandse inkomste ontvang, deur die volgende formule toe te pas:
Buitelandse belasbare inkomste x Normale belasting betaalbaar
Totale belasbare inkomste
LET WEL:
Betalings wat u gemaak het ten opsigte van voorlopige belasting moet nie in deel 3 van u opgawe getoon word nie aangesien die krediete vir hierdie bedrae programmaties sal plaasvind.
DEEL5.1 MEDIESE EN TANDHEELKUNDIGE UITGAWES DEEL 5.1.1 MEDIESEFONDSBYDRAES
Eis die bedrag wat u as bydraes aan u mediesefonds gemaak het. Die bedrag verskyn normaalweg teenoor die kode 4005 op u IRP5 sertifikaat.
DELE 5.1.2 en 5.1.3 MEDIESE UITGAWES NIE VERHAAL NIE
Eis die bedrae werklik betaal en nie van die mediesefonds verhaal nie ten opsigte van uself, u gade en u kwalifiserende kinders en stiefkinders ten opsigte van:
Dienste gelewer en medisyne verskaf deur 'n geregistreerde geneesheer, tandarts, gesigkundige, homeopaat, naturopaat, osteopaat, kruiekundige, fisioterapeut, chiropraktisyn of ortoptis;
Hospitalisasie in 'n geregistreerde hospitaal of verpleeginrigting;
Tuisverpleging deur 'n geregistreerde verpleegster;
Medisyne voorgeskryf deur 'n geregistreerde praktisyn en verkry van 'n geregistreerde apteker;
Mediese onkoste aangegaan en betaal buite die Republiek.
DEEL 5.1.4 LIGGAAMSGEBREK
Eis die bedrag wat u werklik spandeer het en nie van u mediesefonds verhaal het nie en voorsien 'n uiteensetting van hoe die bedrag bereken is. Vermeld die aard van die gebreke waaraan u, u gade of kwalifiserende kinders ly (bv. brille, gehoorstukke, diabetes, ens.).
DEEL 5.1.5 GESTREMDE PERSOON
n "GESTREMDE PERSOON" beteken 'n persoon wat blind is, 'n persoon wat doofis, 'n persoon wat as gevolg van 'n permanente gebrek 'n rystoel, loopyster of kruk benodig om te beweeg of 'n persoon wat 'n kunsledemaat benodig. Dit sluit ook 'n persoon in wat aan 'n geestesongesteldheid ly -soos omskryf in die Wetop Geestesgesondheid van 1973 (Wetno. 18 van 1973).
Ten einde oorweging te kan skenk om u mediese eis te kan klassifiseer as "gestremd" moet die volgende inligting voorsien word:
Blinde persoon - 'n Getekende brief op die briefhoof van 'n professionele persoon opgelei om 'n Snellenkaart te gebruik waarin die diagnose en klassifikasie van die graad van blindheid bevestig word.
Dowe persoon - Vier kategorieë word statisties deur "DEAFSA (Deaf Federation of South Africa)" gedra, naamlik persone wat "uitermatig doof" is, persone wat "ernstige gehoorverlies" het, persone wat "gemiddelde gehoorverlies" het, en persone wat "geringe gehoorverlies" het. Vir doeleindes van die Inkomstebelastingwet sal 'n persoon wat "uitermatig doof" is en "ernstige gehoorverlies" het, soos getoets sonder 'n gehoorapparaat, beskou word as 'n persoon wie se gehoor in so 'n mate aangetas is dat hy / sy dit nie as 'n primêre middel van kommunikasie kan gebruik nie. Bevestiging ten opsigte van die graad van doofheid vanaf DEAFSAof 'n soortgelyke inrigting moet voorsien word.
Geestesongesteldheid - Bevestiging by wyse van 'n mediese verslag vanaf 'n psigiater of 'n geregistreerde sielkundige, dat 'n persoon geestesongesteld is soos gedefinieer in die Wet op Geestesgesondheid. Die bevestiging moet op 'n jaarlikse grondslag gedoen word.
Die toelaatbare mediese aftrekking is onderhewig aan die volgende beperkings:
Belastingpligtiges onder die ouderdom van 65 jaar
Daardie gedeelte van die uitgawes hierbo genoem wat 5% van belasbare inkomste oorskry, voor hierdie aftrekking, sal as aftrekking kwalifiseer. Eis u kwalifiserende uitgawes. Die beperking sal deur SARS bereken word.
Belastingpligtiges 65 jaar en ouer
Indien u 65 jaar of ouer is, mag u al die uitgawes hierbo vermeld eis sonder enige beperkings.
Gestremde persoon
Waar u, u gade of kwalifiserende kind of stiefkind 'n "gestremde persoon" is, daardie gedeelte van die uitgawes hierbo genoem wat R500 oorskry. Met ander woorde, die eerste R500 kwalifiseer nie as aftrekking nie. Eis u kwalifiserende uitgawes. Die beperking sal deur SARS bereken word.
U eis sal nie oorweeg word indien die volgende dokumentêre bewyse ter stawing van u eis nie aangeheg is nie:
Bewys van bydraes deur uself aan die mediesefonds gemaak.
Mediesefondsstaat ten opsigte van bedrae wat nie vanaf die fonds verhaal is nie: Heg asseblief die staat, wat die akkumulatiewe bedrae ten opsigte van die bedrae deur u betaal aandui, wat u gedurende Februarie 2006 vanaf u mediese-fonds verky het, aan.
Ander bedrae wat nie by die mediesefonds ingedien / deur die fonds terugbetaal is nie: Voltooi die skedule van uitgawes op bladsy 37 van hierdie brosjure en heg dit aan bladsy 13 van u opgawe.
Indien die fondse wat deur die mediesefonds aan u beskikbaar gestel is, ten opsigte van sekere mediese prosedures uitgeput is, moet u bewys daarvan vanaf die betrokke fonds aanheg.
LET WEL:
U eis sal nie oorweeg word indien die bogenoemde dokumentasie ter stawing van u eis nie aangeheg is nie.
Die totale mediese, tandheelkundige en liggaamsgebrekuitgawes moet teenoor bronkode 4008 ingevul word. In die geval van 'n gestremde persoon soos in bostaande paragraaf beskryf, moet die totale uitgawes teenoor bronkode 4009 ingevul word.
iii Kwitansies moet op aanvraag beskikbaar wees ter stawing van u eis.
iv Eis u kwalifiserende uitgawes. Die beperking sal deur SARS bereken word.
DEEL 5.2 SKENKINGS
Skenkings geëis moet gelys word en die oorspronklike kwitansie soos voorgeskryf deur Artikel 18A van die Inkomste-belastingwet moet verstrek word. Die aftrekking is beperk tot 5% van die belastingpligtige se belasbare inkomste soos bereken voor die toelating van enige aftrekking ten opsigte van mediese uitgawes en skenkings. Hierdie berekening sal deur SARS gedoen word.
Kwitansies moet aan bladsy 13 van u opgawe geheg word.
DEEL 5.3 LOPENDE BYDRAES TOT 'N GOEDGEKEURDE PENSIOENFONDS
Maksimum aftrekking per persoon is die grootste van -
,5% van u besoldiging t.o.v. uittredingfunderingsdiens vir die jaar van aanslag. Eis u werklike bydraes, aangesien die berekening deur SARS gedoen word. DEEL 5.4 AGTERSTALLIGE BYDRAES TOT 'N GOEDGEKEURDE PENSIOENFONDS Indien u enige agterstallige bydraes tot 'n pensioenfonds gemaak het moet die bedrag in die deel van u opgawe geëis word. Bewys van betaling van sulke bedrae moet aangeheg word ten einde SARS in staat te stel om die aftrekking daarvan te oorweeg.
DEEL 5.5 LOPENDE BYDRAES TOT 'N GOEDGEKEURDE UITTREDINGANNUÏTEITSFONDS
Die maksimum aftrekking wat per belastingpligtige toegelaat word, is beperk tot die grootste van
% van belasbare inkomste (uitgesonderd inkomste uit uittredingfunderingsdiens) - wanneer belasbare inkomste bepaal word, moet die volgende aftrekkings NIE in aanmerking geneem word NIE: -kapitaalontwikkelingskoste (boerdery); -skenkings; -uittredingannuïteitsfondsbydraes; -mediese en tandheelkundige uitgawes; -onkoste t.o.v. gronderosiewerke; OF
R3 500 min toelaatbare pensioenbydraes; OF
Eis u werklike bydraes, aangesien die berekening deur SARS gedoen word. Enige oorskot sal na die daaropvolgende jaar van aanslag oorgedra word.
LET WEL: Slegs bydraes aan enige uittredingannuïteitsfonds of fondse wat gedurende die jaar van aanslag gemaak is as lid van die betrokke fonds(e) sal in aanmerking geneem word as aftrekking. Dit beteken dat bydraes wat namens u ter voordeel van 'n ander persoon gemaak is, bv. u gade of kind, nie oorweeg sal word nie.
DEEL 5.6 AGTERSTALLIGE BYDRAES TOT 'N GOEDGEKEURDE UITTREDINGANNUÏTEITSFONDS
Eis u werklike bydraes - MAKSIMUM bedrag toelaatbaar per jaar van aanslag is R1 800. Enige oorskot sal na die daarop-volgende jaar van aanslag oorgedra word.
DEEL 5.7 LEDE VAN 'N VOORSORGSFONDS
Indien u tot 'n voorsorgsfonds bygedra het, verstrek die volgende inligting:
Naam van voorsorgsfonds waarvan u 'n lid is (bydraend); en
Bedrag van u bydrae soos aangedui op u IRP5 sertifikaat (kode 4003).
LET WEL:
Die bydraes tot u voorsorgsfonds sal nie as aftrekking toegelaat word ten opsigte van die betrokke jaar van aanslag nie, maar die kollektiewe bydraes wat nie in berekening gebring is nie sal in ag geneem word by die uittrede uit die fonds.
DEEL 5.8 INKOMSTEBESKERMER
Gebruik die bedrag soos aangedui op die sertifikaat wat u vanaf die betrokke instansie verkry het om deel 5.8 te voltooi.
LET WEL:
Slegs bydraes wat gemaak is as dekking teen die verlies aan inkomste as gevolg van siekte, besering, ongeskiktheid of werkloosheid en die bedrae wat ingevolge daardie polis betaalbaar is, inkomste soos omskryf uitmaak of sal uitmaak, sal oorweeg word
DEEL 5.9 REISUITGAWES
Bladsy 6 van u opgawe maak voorsiening vir die berekening van eis ten opsigte van reiskoste. Toon die bedrag van u eis in deel van u opgawe aan. Vir meer inligting word u verwys na bladsy 13 van hierdie brosjure.
DEEL 5.10 VERBLYFTOELAE
Het u 'n verblyftoelaag ontvang?
Indien u verblyftoelaag teenoor kode 3704 (plaaslik) en / of 3754 (buitelands) op u IRP5 aangetoon is, moet u eis gebaseer word op die bedrae wat u werklik gespandeer het, of alternatiewelik, die bedrae wat geag gespandeer is soos omskryf in Artikel 8 (c)(ii) van die Inkomstebelastingwet.
Die bedrag van u eis moet in deel 5.10 getoon word en 'n uiteensetting met die volgende inligting moet aan bladsy 13 van u opgawe geheg word:
Die tydperk(e) ten opsigte waarvan uitgawes geëis word;
Die bestemming waar die uitgawes aangegaan is;
Die totale aantal dae ten opsigte waarvan uitgawes geëis word; en
Is die uitgawes plaaslik of in die buiteland aangegaan?
Kwitansies ter stawing van u eis moet op aanvraag beskikbaar wees.
Indien u verblyftoelaag teenoor kode 3705 (plaaslik) en / of 3755 (buitelands) getoon word, sal dit met aanslag as 'n nie-belasbare toelaag beskou word en geen eis toegestaan word nie. In hierdie geval sal dit dus nie vir u nodig wees om u eis te bereken nie en geen bedrag moet teenoor kode 4017 en / of 4019 in dele 5.10.1 en / of 5.10.2 van u opgawe getoon word nie.
Indien u 'n verblyftoelaag het ten opsigte van plaaslike sowel as buitelandse uitgawes aangegaan, moet dit afsonderlik geëis word. Die bedrag ten opsigte van plaaslike en buitelandse uitgawes moet respektiewelik teenoor kodes 4017 en 4019 geëis word.
DEEL 5.11 ANDER UITGAWES
Toon die bedrae geëis ten opsigte van ander aftrekkings, nie spesifiek aangespreek nie, hier aan. Die volgende is voorbeelde van sulke tipe aftrekkings wat oorweeg sal word. Die beperkings van aftrekkings ingevolge Artikel 23(m) (sien paragraaf in die verband) moet egter in aanmerking geneem word.
a Onthaalkoste
AGENTE OF VERTEENWOORDIGERS wat hul vergoeding, geheel of hoofsaaklik, by wyse van kommissie gebaseer op verkope op omset verkry, is geregtig om onthaalkoste wat werklik in die voortbrenging van hul inkomste aangegaan is, as 'n aftrekking te eis. Die volgende inligting moet verstrek word alvorens so 'n eis in aanmerking geneem sal word:
amp beklee;
aard van pligte;
wie onthaal is, naam van persoon, asook naam van sy / haar werkgewer;
aard van onthaal en koste daarvan.
b Studeerkamer by privaatwonings
Die aftrekking van enige uitgawes in verband met enige woonhuis of huishoudelike persele word verbied behalwe ten opsigte van sodanige gedeelte wat vir bedryfsdoeleindes gebruik word. Sodanige gedeelte van die persele sal slegs geag word vir bedryfsdoeleindes gebruik te wees indien:
dit spesifiek toegerus is vir doeleindes van u bedryf; en dit gereeld en uitsluitlik vir bedryfsdoeleindes aangewend word.
Indien die inkomste waarteen die aftrekking geëis word voortvloei uit die bekleding van 'n diens of amp, is geen aftrekking toelaatbaar nie, tensy:
U inkomste uit sodanige diens of amp hoofsaaklik verkry word uit kommissie of ander wisselende betalings wat op u werkprestasie gebaseer is en u pligte hoofsaaklik verrig word andersins as in 'n kantoor wat aan u voorsien word deur u werkgewer; of
U pligte hoofsaaklik verrig word in die studeerkamer by u privaatwoning.
Die volgende riglyne word verskaf met betrekking tot 'n eis vir 'n tuisstudeerkamer. Volle besonderhede ter stawing van u eis moet saam met u opgawe verstrek word. Dokumentasie ter stawing van die eis moet bewaar word om op versoek aan SARS te stuur.
Daar moet 'n direkte verband wees tussen die aangaan van studeerkamerkoste en die voortbrenging van inkomste.
Daar word, ingevolge die vereistes van 'n dienskontrak met u werkgewer, vereis dat u 'n studeerkamer by u private woning moet hê.
Die studeerkamer mag slegs vir bedryfsdoeleindes gebruik word.
Om SARS in staat te stel om te besluit of u geregtig is op 'n aftrekking vir u studeerkamer al dan nie, moet die volgende verstrek word:
Wat is die aard van u beroep, en waarom is dit nodig om 'n studeerkamer by u huis te hê?-'n Afskrif van u dienskontrak, diensregulasies of personeelkode. -Verskaf u werkgewer aan u 'n kantoor by u werkplek? Volledige besonderhede van enige beperkings op die gebruik van die kantoor sowel as 'n brief van u werkgewer ter bevestiging, moet verstrek word. -Is die aard van u werk sodanig dat dit van u verwag word om na-ure tuis te werk? Volle besonderhede van hoe dikwels u die tuisstudeerkamer moet gebruik sowel as 'n staat waarin dit bevestig word, word van u werkgewer vereis. -Is dit 'n vereiste dat u die tuisstudeerkamer moet gebruik om na-ure onderhoude te voer of inligting aan kliënte of werknemers te verskaf?-Is u studeerkamer spesifiek toegerus vir doeleindes van u bedryf?-Word u studeerkamer gereeld en uitsluitlik vir u werk gebruik?-Tot watter mate is die studeerkamer onontbeerlik vir die behoorlike uitvoering van u take?
Indien u vir 'n aftrekking kwalifiseer, sal die bedrag op die volgende grondslag bereken word:
A x Totale koste
Waar A =die oppervlakte in m² is, van die deel wat spesifiek toegerus is en gereeld en uitsluitlik vir die bedryf gebruik word, en
B = die totale oppervlakte in m² is (met insluiting van enige buitegeboue en deel wat vir die bedryf gebruik word), en
Totale kostes =Die koste aangegaan in die verkryging en instandhouding van die eiendom (uitgesluit uitgawes van 'n kapitale aard).
Reparasies spesifiek aan die studeerkamer gemaak sal nie verdeel word nie, maar ten volle toegelaat word. Reparasies aan die gebou in die algemeen word nie by totale kostes ingesluit nie.
Beperking van aftrekkings (Artikel 23(m) van die Inkomstebelastingwet)
Algemene aftrekkings in die vasstelling van belasbare inkomste, Artikel 11 van die Inkomstebelastingwet, sal slegs oorweeg word indien u besoldiging (inkomste vanaf u werkgewer) geheel of hoofsaaklik verkry word uit kommissie gebaseer op verkope. "Geheel of hoofsaaklik" beteken meer as 50% van u bruto besoldiging (bv. salaris-tipe inkomste).
Die enigste uitgawe items wat as aftrekking oorweeg sal word, is die volgende:
Bydraes tot 'n pensioen- of uittredingannuïteitsfonds;
Regskoste wat werklik aangegaan is ten opsigte van 'n eis, geskil of regsgeding wat ontstaan het in die loop van, of uit hoofde van, die verrigtinge deur die belastingpligtige onderneem by die beoefening van sy beroep;
Waardevermindering (slytasie) van 'n bate wat in u besit is of verkry is uit hoofde van 'n kredietafbetalingsooreenkoms;
Slegte skuld;
Voorsiening vir slegte skuld;
Bydraes wat gemaak is as dekking teen die verlies aan inkomste as gevolg van siekte, besering, ongeskiktheid of werkloosheid en ten opsigte waarvan die bedrae wat ingevolge daardie polis betaalbaar is, inkomste soos omskryf uitmaak of sal uitmaak, sal oorweeg word.
Voorbeeld 1
n Belastingpligtige ontvang pensioendraende salaris van R40 000 en kommissie-inkomste van R130 000. Die belastingpligtige dra R3 000 by tot 'n goedgekeurde pensioenfonds en het kommissie-verwante uitgawes ten bedrae van R70 000 aangegaan. Aangesien meer as 50% van sy inkomste uit kommissie bestaan sal die beperkings van Artikel 23(m) nie geld nie. Die R70 000 se kommissie-verwante uitgawes sal dus oorweeg word. Die pensioenbydraes word nie deur die beperkings ingevolge Artikel 23(m) geraak nie.
Voorbeeld 2
n Belastingpligtige ontvang pensioendraende salaris van R60 000 en kommissie op verkope van R60 000. Die belastingpligtige het R4 500 bygedra tot 'n goedgekeurde pensioenfonds en het kommissie-verwante uitgawes ter bedrae van R10 000 aangegaan. Aangesien nie meer as 50% van die belastingpligtige se inkomste uit kommissie verkry is nie sal die beperkings ingevolge Artikel 23(m) van krag wees en die kommissie-verwante uitgawes dus nie toegestaan word nie. Die pensioenbydraes word nie deur die beperkings ingevolge Artikel 23(m) geraak nie.
c Handelsbeperking
Verwys na die paragraaf oor "handelsbeperking" in deel 8 op bladsy 10 van hierdie brosjure.
Vermindering in waarde van voordeel ten opsigte van die private gebruik van u werkgewer se motorvoertuig
Die belasbare voordeel wat ontstaan as gevolg van die private gebruik van 'n motorvoertuig wat deur 'n werkgewer verskaf word, is gebaseer op die veronderstelling dat die afstand gereis vir private gebruik (wat afstande gereis tussen woning en werkplek insluit) 10 000 km vir die jaar beloop. Indien u minder as 10 000 km gereis het en 'n akkurate aantekening by wyse van 'n ritboek gehou het, waarvan 'n afskrif saam met u belastingopgawe ingedien moet word, mag u 'n aftrekking onder "ander aftrekkings" eis.
Die vermindering in die waarde van die voordeel sal nie van toepassing wees waar meer as een voertuig gelyktydig aan u beskikbaar gestel is nie en slegs die voordeel van die duurder voertuig as 'n byvoordeel in ag geneem is, tensy minder as 10 000 km met beide voertuie afgelê is.
Enige toelae wat aan die bekleër van 'n openbare amp toegestaan is om hom / haar in staat te stel om onkostes te bestry wat hy in verband met sy amp aangegaan het, word geag bestee te wees in die mate waarin onkostes werklik vir die doeleindes van sy amp deur hom aangegaan is ten opsigte van sekretariële dienste telefone skryfbehoeftes kantoorakkommodasie posgeld reiskoste gasvryheid verleen by 'n amptelike burgerlike geleentheid waar dit van die bekleër van die amp normaalweg uit hoofde van sy amp verwag sal word om te reël; en verblyf- en toevallige onkoste aangegaan terwyl weg van sy gewone woonplek. (Verwys na verblyftoelae op bladsy 9)
LET WEL:
Reisuitgawes kan slegs geëis word ten opsigte van werklike kostes aangegaan (kostes aangegaan in die voortbrenging van inkomste).
Met ingang van jare van aanslag wat op of na 1 Januarie 2001 begin het, het die Suid-Afrikaanse belastingstelsel verander vanaf 'n brongebaseerde stelsel van belasting na 'n inwonergrondslag van belasting. Inwoners word belas op hul wêreldwye inkomste, onderworpe aan sekere vrystellings, en nie-inwoners bly belasbaar op inkomste vanuit 'n Suid-Afrikaanse bron of 'n bron wat geag word 'n Suid-Afrikaanse bron te wees.
Inwoner, ten opsigte van 'n individu, beteken:
n Persoon wat gewoonlik woonagtig is in Suid-Afrika. Die term "gewoonlik woonagtig" beteken die land waarheen 'n persoon normaalweg sal terugkeer na sy of haar reise; of n Persoon wie vir 'n tydperk van meer as 91 dae gedurende die jaar van aanslag, sowel as in elk van die vyf jare wat daardie jaar van aanslag voorafgaan, fisies in die Republiek teenwoordig is en gedurende die vyf voorafgaande jare van aanslag vir 'n tydperk van meer as 915 dae in totaal in die Republiek fisies teenwoordig was. Vir hierdie doel sluit 'n dag ook 'n deel van 'n dag in, in welke geval daardie persoon 'n inwoner sal wees met ingang van die eerste dag van die betrokke jaar van aanslag. Waar so 'n persoon buite die Republiek was vir 'n aaneenlopende tydperk van meer as 330 volle dae sal daardie persoon nie meer beskou word as 'n inwoner nie.
Buitelandse inkomste ontvang deur of toegeval aan 'n individu wat 'n inwoner is, is belasbaar. Die volgende tipes inkomste is egter spesifiek vrygestel van belasting:
Vergoeding verkry ten opsigte van dienste gelewer vir 'n werkgewer buite Suid-Afrika as die werknemer buite Suid-Afrika is vir 'n tydperk wat 183 dae oorskry gedurende enige 12 maande tydperk en buite Suid-Afrika is vir 'n aaneenlopende tydperk van 60 dae gedurende die 12 maande periode en die dienste gelewer is gedurende hierdie periode. Hierdie bepaling is nie van toepassing op werknemers van nasionale, provinsiale of plaaslike regerings en sekere openbare entiteite nie;
Enige bedrag ontvang of toegeval onder die bestaansveiligheidstelsel van 'n ander land;
Enige pensioen ontvang of toegeval van 'n bron buite Suid-Afrika wat nie geag word 'n Suid-Afrikaanse bron te wees nie.
Dui die bedrae geëis ten opsigte van toelaes en aftrekkings teenoor die toepaslike kodes in hierdie afdeling aan.
ARTIKEL11(cA) -Handelsbeperking
Vanaf 23 Februarie 2000 mag 'n aftrekking geëis word ten opsigte van 'n bedrag werklik deur 'n belastingpligtige aangegaan in die loop van die uitoefening van sy bedryf as vergoeding ten opsigte van 'n handelsbeperking aan 'n ander persoon opgelê wat;
n natuurlike persoon is;
n arbeidsmakelaar is, behalwe 'n arbeidsmakelaar ten opsigte waarvan 'n vrystellingsertifikaat uitgereik is.
Die bedrag aangegaan sal as aftrekking toegelaat word oor die aantal jare, of deel daarvan waartydens die handelsbeperking geld, of drie jaar, watter tydperk ook al die langste is.
ARTIKEL 11A - Voor-bedryfsonkoste en verliese n Aftrekking sal toegelaat word vir kwalifiserende voor-bedryfsuitgawes sodra daar met die beoefening van 'n bedryf begin is. Die volgende vereistes moet nagekom word, alvorens voor-bedryfsuitgawes ingevolge Artikel 11Aoorweeg kan word.
n Bedryf moet beoefen word.
Die uitgawes moet aangegaan wees voordat daar met die beoefening van die bedryf begin is.
Die uitgawes moet aangegaan wees ter voorbereiding van die beoefening van die bedryf.
Die uitgawes moet ingevolge Artikel 11 aftrekbaar wees.
Die uitgawes mag nie voorheen as 'n aftrekking toegestaan gewees het nie.
ARTIKEL 11B - Navorsing en ontwikkelingskoste n Aftrekking sal toegelaat word vir onkoste binne die Republiek in verband met navorsing en ontwikkelings, met die doel om 'n ontasbare bate / intellektuele eiendom te skep. Die bepaling maak voorsiening vir operasionele of nie-kapitaal onkoste aangegaan gedurende die jaar van aanslag met die voorbehoud dat:
Dit aangegaan is in verband met navorsing en ontwikkeling.
Dit verband hou met die ontwikkeling of skepping van die intellektuele eiendom.
Betalings slegs vir die ontdekking van nuwe inligting gemaak word.
Die belastingpligtige volle eienaarskap en beheer van die navorsing en ontwikkeling behou.
Daar word ook 'n aftrekking toegelaat ingevolge subartikel 3 ten opsigte van die koste van enige gebou, masjinerie of installasie, gereedskap, werktuie en artikels van 'n kapitale aard wat vir doeleindes van navorsing en ontwikkeling gebruik word. Die aftrekking word as volg oor 'n 4-jaar-periode bereken:
% van die koste in die eerste jaar waarin die bate vir die eerste maal in gebruik geneem is.
% van die koste vir die drie onmiddellik daaropvolgende jare.
ARTIKEL12H -Leerlingooreenkomste n Toelae sal as aftrekking aan die werkgewer oorweeg word met die registrasie en voltooiing van 'n leerlingooreenkoms met betrekking tot, of in die loop van enige bedryf, wat deur die werkgewer beoefen word. Die oorweging van die aftrekking geld ten opsigte van geregistreerde leerlingooreenkomste soos omskryf in Artikel 12H van die Inkomstebelastingwet.
Indien 'n leerlingooreeknoms of vakleerlingkontrak beëindig word alvorens die ooreenkoms of kontrak voltooi is, soos gedefinieer in Artikel 12H van die Inkomstebelastingwet sal die bedrag wat as aftrekking geëis was, geag wees deur die werkgewer verhaal of herwin te gewees het.
ARTIKEL13quat -Stedelike ontwikkelingsones n Toelae sal as aftrekking ten opsigte van die koste van die oprigting, uitbreiding, toevoeging tot of verbetering van enige kommersiële of residensiële gebou binne 'n goedgekeurde stedelike ontwikkelingsone toegestaan word mits dit uitsluitlik vir die doeleindes van daardie bedryf gebruik word. Die aftrekking sal nie langer toegestaan word sou die gebou nie meer bestaan of vir die doeleindes van die beoefening van die bedryf aangewend word nie. Die toelaatbare bedrag word as volg bereken:
Gebou opgeknap -20% van die koste vir 'n 5 jaar periode (waar die bestaande strukturele of buiteraamwerk daarvan behoue bly). -Oprigting van nuwe gebou -17 jaar waardeverminderingsperiode (20% in die eerste jaar en 5% in elk van die 16 daaropvolgende jare).
n Aftrekking sal ook toegestaan word in die geval van eerste kopers wat direk van 'n bona-fide ontwikkelaar koop. Alhoewel die koste ten opsigte van die oprigting en opknapping nie werklik deur die eerste koper aangegaan is nie, kan die koste oorweeg word as 'n belastingtoegewing in welke geval 'n toelaag gebaseer op 'n persentasie van die aankoopprys wat in terme van Artikel 13quat geag word onkoste aangegaante wees deur die koper ten opsigte van oprigting en opknapping.
Geen aftrekking word ingevolge hierdie artikel toegestaan nie, tensy 'n sertifikaat verkry word van die munisipaliteit wat bevestig dat die gebou binne 'n goedgekeurde stedelike ontwikkelingsone van daardie munisipaliteit geleë is. Heg asb die sertifikaat aan die belastingopgawe vir die jaar van aanslag waarin die aftrekking geëis word.
Waar 'n gebou of 'n gedeelte van 'n gebou vanaf 'n ontwikkleaar gekoop is, word die volgende inligting en sertifikaat benodig:
Die bedrag wat geag word die aankoopprys te wees soos omskryf in subartikel (3A); en n Sertifikaat vanaf die ontwikkelaar wat bevestig dat daar aan die vereistes van Artikel 13quat voldoen is.
Reiskoste mag geëis word volgens een van die volgende metodes:
INDIEN AKKURATE REKORDS VAN ONKOSTE GEHOU IS (Voltooi deel 4). Let asseblief op die voorgeskrewe afskrywingstydperk en die beperking van die koste van die voertuig met betrekking tot die eis wat bereken is op werklike onkoste. Die beperking ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is R360 000.
INDIEN GEEN REKORDS VAN ONKOSTE GEHOU IS NIE (Voltooi deel 3). Indien u die eis vir reiskoste baseer op die werklike kilometers afgelê vir besigheidsreise, moet dié reise by wyse van 'n ritboek bewys word. Die volgende minimum inligting met betrekking tot besigheidskilometers gereis moet in die ritboek vervat wees ten einde SARS in staat te stel om die eis te kan oorweeg:
Die datum waarop die reis afgelê is.-Die plek van bestemming, heen en weer.-Die hoeveelheid kilometers afgelê.
Dit is belangrik dat akkurate lesings van die betrokke motorvoertuie se afstandmeters soos op 1/3/2005 en 28/2/2006 in alle gevalle getoon word (deel 2).
Tensy akkurate rekords van kilometers gereis vir beide privaat- en besigheidsdoeleindes gehou is, sal die eerste 16 000 km gereis as privaat geag word. Besigheidskilometers word geag die verskil tussen totale kilometers gereis en 16 000 km te wees, met dien verstande dat dit nie 16 000 km oorskry nie.
Indien die voertuig vir 'n tydperk van minder as 12 maande vir besigheidsdoeleindes gebruik is, moet die 16 000 km en 16 000 km onderskeidelik pro-rata verminder word t.o.v. die tydperk wat die voertuig vir besigheidsdoeleindes gebruik was.
Reise tussen u woning en werkplek word as privaat geag.
Indien u 'n reistoelae ontvang het, sal die aftrekking beperk word tot die toelae ontvang.
Waar u meer as een motorvoertuig primêr vir besigheidsdoeleindes gedurende die jaar van aanslag gebruik het, moet u deur middel van 'n ritboek bewys dat elke voertuig primêr vir besigheidsdoeleindes gebruik is om te verhoed dat geagte 16 000 km vir privaatgebruik op elke voertuig toegepas word. (Primêre gebruik beteken meer as 50% van die totale gebruik van die voertuig.)
Indien u 'n reistoelaag ontvang ten opsigte van 'n voertuig wat deur u werkgewer aan u beskikbaar gestel word, mag u slegs werklike onkoste eis.
In gevalle waar die ontvanger van 'n toelaag, gedurende die volle jaar of enige gedeelte van die jaar van aanslag, afwisselend meer as een voertuig vir besigheidsdoeleindes gebruik het en een of meer van sodanige voertuie nie primêr vir besigheidsdoel-eindes gebruik was nie, sal die 16 000 / 32 000 km toegepas word ten opsigte van elke motor wat nie primêr vir besigheidsdoel-eindes gebruik was nie.
REISKOSTE GEBASEER OPWERKLIKE ONKOSTE
Die slytasie moet bereken word oor 'n tydperk van sewe jaar vanaf die oorspronklike datum van aankoop en die koste daarvan word beperk tot 'n bedrag van R360 000.
Waar 'n motorvoertuig gedurende die jaar van aanslag verkry is, sal slytasie slegs pro-rata toegelaat word.
Indien die motorvoertuig van die hand gesit is gedurende die jaar van aanslag, moet die verlies gely of wins gemaak in aanmerking geneem word by die berekening van u eis. Sodanige wins of verlies moet nie in berekening gebring word in gevalle waar u reisuitgawes teen 'n reistoelaag eis nie.
Indien die voertuig bekom is by wyse van 'n bruikhuurooreenkoms mag die totale bedrag van die bruikhuurpaaiement in geen jaar van aanslag die bedrag oorskry, met betrekking tot die kategorie van voertuig, vasgestel deur die Minister van Finansies soos beoog in Artikel 8 (b)(ii) van die Inkomstebelastingwet.
Finansieringskoste ten opsigte van enige skuld aangegaan om 'n voertuig te bekom sal beperk word tot 'n bedrag bereken asof die oorspronklike skuld R360 000 beloop het. Voorbeeld: Sou u 'n voertuig aankoop ter waarde van R360 000 en die finansieringskoste beloop R60 000 oor 'n afbetalings-periode van vyf jaar, sal 'n bedrag van R12 000 (R60 000 / 5) vir 'n tydperk van vyf jaar as aftrekking oorweeg word.
Waar 'n reistoelae ontvang is, kan die aftrekking op die kilometerskaal in ooreenstemming met die tariewe in die tabel wat volg geëis word. Die vaste koste, brandstof- en instandhoudingskoste word op die "waarde" van die voertuig gebaseer.
Waarde" met betrekking tot 'n motorvoertuig beteken
Die oorspronklike kosprys van die voertuig, maar uitgesluit enige finansieringskoste of rente betaalbaar.
In enige ander geval, die markwaarde daarvan op die tydstip toe u vir die eerste keer die voertuig of die reg van gebruik daarvan verkry het, plus enige verkoopbelasting / BTW betaalbaar op die waarde.
Waar uitgawes t.o.v. twee voertuie geëis word, moet redes verstrek word waarom meer as een voertuig gebruik is.
Indien die voertuig vir 'n periode minder as 12 maande gebruik is moet die vaste koste komponent pro-rata dienooreenkomstig op 'n dag tot dag basis pro-rata toegedeel word.
DEEL 1: INKOMSTE UIT BELEGGINGS
Beleggingsinkomste is byvoorbeeld verteenwoordigend van inkomste verkry uit 'n belegging by 'n finansiële instelling, 'n bank of 'n maatskappy wat effektetrustaandele administreer. Dividende uit plaaslike beleggings, behalwe dividende verkry vanaf 'n eiendomstrust, is nie belasbaar nie. Dividende ontvang vanaf buitelandse beleggings is egter belasbaar en moet in deel 2.3 en deel 3 van Skedule 1 aangedui word.
LET WEL:
Inkomste verkry vanuit 'n belegging in effektetrustaandele kan aangedui word as buitelandse dividende, plaaslike dividende, buitelandse rente of plaaslike rente. Hierdie inligting sal verskyn op die sertifikaat wat u vanaf die instansie, waar u fondse belê is, verkry het en moet in die toepaslike gedeelte in deel 2 van Skedule 1 aangetoon word.
DEEL 2: BRUTO BEDRAE ONTVANG VANUIT BELEGGINGSINKOMSTE
Die bruto bedrae ontvang moet in Skedule 1 aangetoon word aangesien die vrystellings deur SARS bereken sal word.
Alle inkomste uit beleggings ontvang deur of toegeval aan u of u minderjarige kinders moet verklaar word (ingesluit inkomste uit beleggings wat nie uitbetaal is nie, maar tot u of u minderjarige kinders se voordeel aangewend, opgehoop of herbelê is). Waar rente as 'n aftrekking teen beleggingsinkomste geëis word, moet volledige besonderhede verstrek word (bv. bedrae belê / geleen, rentekoerse, datum van elke lening en belegging).
Alle inkomste verkry vanaf plaaslike sowel as buitelandse rente-inkomste moet in deel 1 van Skedule 1 verklaar word. Indien u BUITE GEMEENSKAP van goedere of ONGETROUD is, moet die totale rente ontvang, ten opsigte van plaaslike sowel as buitelandse rente, in deel 2 van Skedule 1 aangetoon word. Indien u egter BINNE GEMEENSKAP van goedere getroud is, moet slegs 50% van u rente-inkomste in deel 2 aangedui word aangesien u gade belasbaar is op die oorblywende deel.
Indien u inkomste vanuit buitelandse dividende verkry het, moet u dele 2.3 en 3 van Skedule 1 voltooi. 'n Betalingsadvies ten opsigte van die inkomste moet vanaf die instansie verkry word waar u inkomste belê is, en aan bladsy 13 van u opgawe geheg word.
Die vrystelling ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is R15 000 indien u jonger as 65 jaar is, en R22 000 indien u 65 jaar of ouer is.
Die vrystelling sal geld ten opsigte van buitelandse dividende, buitelandse rente, asook plaaslike rente- inkomste. Die vrystelling ten opsigte van buitelandse beleggingsinkomste, d.i. buitelandse dividende en buitelandse rente, is egter beperk tot R2 000 en sal in die volgende orde toegedeel word: buitelandse dividende, buitelandse rente en daarna plaaslike rente soos aangedui in die onderstaande voorbeeld van 'n belastingpligtige wat onder die ouderdom van 65 jaar is.
LET WEL: Die vrystelling sal programmaties deur SARS toegepas word.
Voorbeeld Bruto Belasbaar
BUITELANDSE DIVIDENDE ONTVANG Die volle bedrag van R1 600 sal vrygestel word aangesien dit minder as R2 000 is. Die balans van R400 (R2 000 - R1 600) sal nou gebruik word vir die vrystelling van buitelandse rente-inkomste. R1 600
BUITELANDSE RENTE-INKOMSTE ONTVANG R900 se rente-inkomste is ontvang, waarvan R400 vrygestel sal wees (d.i. die balans nie vrygestel ten opsigte van buitelandse dividende nie). R500 sal dus by belasbare inkomste ingesluit word. R900 R500
PLAASLIKE RENTE-INKOMSTE ONTVANG Die totale vrystelling is R15 000 waarvan R2 000 reeds gebruik is vir afsetting teen buitelandse beleggingsinkomste. Die balans van R13 000 kan dus nou aangewend word vir afsetting teen die R13 600 wat ontvang is ten opsigte van plaaslike rente-inkomste. Die balans van R600 sal dus ingesluit word by belasbare inkomste. R13 600 R600
RESULTAAT VAN DIE BEREKENING 'n Bedrag van R1 100 sal as belasbare beleggingsinkomste ingesluit word by belasbare inkomste in die berekening van belastingaanspreeklikheid, d.i. die R500 wat nie vrygestel is teen buitelandse beleggingsinkomste nie, plus die R600 ten opsigte van plaaslike rente-inkomste. R1 100
DEEL3: BUITELANDSE DIVIDENDE
Buitelandse dividende word sedert 23 Februarie 2000 in Suid-Afrika belas. 'n Buitelandse dividend beteken enige dividend ontvang deur of toegeval aan 'n persoon vanaf 'n buitelandse entiteit of, in die geval van 'n inwonermaatskappy, 'n dividend tot die mate wat dit verklaar is uit winste wat ontstaan het voor dit 'n inwoner geword het.
Bedrag wat by bruto inkomste ingesluit moet word
Die volgende keuse kan uitgeoefen word:
Om belas te word op die netto buitelandse dividend, d.i. die bruto dividend minus die buitelandse belasting betaal; of
Om belas te word op die bruto dividend, in welke geval die buitelandse belasting wat betaal is, geëis kan word. Dieselfde beginsel geld waar 'n Suid-Afrikaanse effektetrust 'n buitelandse dividend aan 'n inwoner-eenheidshouer uitkeer.
Enige bedrag van rente aangegaan in die voortbrenging van inkomste uit buitelandse dividende, sal as 'n aftrekking toegelaat word teen sodanige inkomste. Die bedrag van rente wat afgetrek kan word, is beperk tot die bedrag ten opsigte van buitelandse dividende wat ingesluit is in bruto inkomste. Waar die toelaatbare rente die belasbare buitelandse dividend oorskry, word dit verminder met enige buitelandse dividend wat nie in belasbare inkomste ingesluit is nie en die balans word oorgedra na die volgende jaar van aanslag. Die bedrag wat oorgedra word mag teen toekomstige buitelandse dividende verreken word.
HUURINKOMSTE
Alle plaaslike rente-inkomste moet in deel 1 van die Skedule verklaar word en oorgedra word na deel 2 van die skedule indien u ONGETROUD of BUITE GEMEENSKAP van goedere getroud is. Slegs 50% van die bedrag moet na deel 2 oorgedra word indien u BINNE gemeenskap van goedere getroud is. Die oorblywende 50% sal in die hande van u gade belasbaar wees.
Alle buitelandse huurinkomste moet in deel 3 van Skedule 2 verklaar word en die wins / verlies bereken word. Die berekende wins / verlies moet ingesluit word in Skedule 4 (Totale belasbare buitelandse inkomste).
Indien u 'n gedeelte van die eiendomme wat u verhuur het bewoon het, of indien dit huurvry deur iemand anders bewoon was, vermeld watter gedeelte van die uitgawes daarop betrekking het.
Maak asseblief seker dat u die vraag in die skedule beantwoord.
LET WEL: Huurinkomste, in afwagting op die uitoefening van 'n opsie om te koop (ongeag die feit dat sodanige huur verreken mag word teen die uiteindelike aankoopprys), is belasbaar.
BOERDERYINKOMSTE
Boerderyinkomste / verlies soos bereken op bladsy 11, Skedule 7 deel 1, moet na Skedule 2 van u opgawe oorgedra word om die boerdery skedule te voltooi. Vir meer inligting verwys na bladsy 26 van hierdie brosjure.
ANDER BEDRYWE
Die inligting wat verlang word, het betrekking op die bedrywighede in verband met besigheid, bedryf en / of professie wat vir u eie rekening en nie as werknemer nie, bedryf of beoefen word.
Verskaf volledige finansiële state ten opsigte van elke besigheid, bedryf of professie wat u bedryf of beoefen.
TWEELEDIGE UITGAWES
Sommige van die uitgawes wat u aangegaan het, mag gedeeltelik van 'n persoonlike en gedeeltelik van 'n besigheidsaard wees. Dit sluit onder meer bedrae in, aangegaan ten opsigte van brandstof en olie, water, huur, elektriesiteit, telefoon, motoronderhoudskoste, herstelwerk, assuransie, rente en oorsese reiskoste. Die persoonlike gedeelte van hierdie uitgawes is nie aftrekbaar as 'n besigheidsuitgawe nie en 'n toedeling van hierdie uitgawes moet dus gemaak word. Volledige besonderhede van u berekeninge moet u opgawe vergesel.
Redelike toedeling -Dit is nie altyd maklik om die besigheidsgedeelte en die persoonlike gedeelte ten opsigte van tweeledige uitgawes vas te stel nie. Geen vaste reël kan vir alle gevalle neergelê word nie, maar toedelings moet redelik wees.
Wat motoronkoste betref, moet 'n toedeling volgens afstand werklik afgelê vir private- en besigheidsdoeleindes gemaak word.
KAPITALE UITGAWES
In die algemeen is 'n kapitale uitgawe 'n bedrag betaal of skuld aangegaan in die verkryging, verbetering of opknapping van 'n bate. Kapitale uitgawes is nie noodwendig tot bates beperk nie. Uitgawes om die omvang van 'n besigheid te vergroot, in teenstelling met die onderhoud daarvan, of uitgawes aangegaan om 'n bron van inkomste te skep, te beskerm of 'n blywende voordeel vir die besigheid te bekom, word vir belastingdoeleindes as van 'n kapitale aard beskou.
Voorbeelde van kapitale uitgawes:
Grond en geboue (ingesluit oordragskoste);
Toevoegings, verbeterings en veranderings aan enige bates in die besigheid gebruik byvoorbeeld geboue, toerusting, masjinerie, meubels, ens.;
Koste van materiaal, arbeid en installering van kapitale bates;
Klandisiewaarde;
Uitgawes om mededinging uit te skakel;
Beskermingskoste ten opsigte van kapitaal of bates, insluitende regte;
Regskoste ten opsigte van kapitaal of bates.
HANDELSVOORRAAD GENEEM VIR PRIVATE GEBRUIK
Indien sodanige goedere alreeds in u boeke verantwoord is, moet hierdie aansuiwering nie weer in berekening gebring word by die vasstelling van u belasbare inkomste nie. 'n Aantekening moet op die staat gemaak word om die waarde daarvan aan te toon en hoe dit verantwoord is.
REGSKOSTE
Enige onkoste, uitgesonderd die van 'n kapitale aard, ten opsigte van enige geskil of regsgeding, wat werklik aangegaan is by die voortbrenging van inkomste of wat ontstaan het in die loop of uit die hoofde van gewone verrigtinge deur u onderneem by die beoefening van 'n bedryf, kan as 'n aftrekking geëis word. Besonderhede moet verskaf word.
ALGEMENE UITGAWES
Besonderhede van algemene of diverse uitgawes in u state geëis, moet op 'n aparte staat verstrek word en uitgawes daarin vervat wat nie toelaatbaar is nie, moet in u berekening van belasbare inkomste getoon word.
PRIVAATGEBRUIK VAN BESIGHEIDSPERSEEL
Indien u of enige lid van u gesin 'n gedeelte van die perseel waarin u handel dryf of u beroep beoefen, gratis bewoon, kan slegs daardie uitgawes wat op die besigheidsgedeelte van die perseel betrekking het, geëis word.
HERWINNING VAN SLYTASIE
Waar 'n bate gedurende 'n nie-belasbare tydperk in gebruik geneem word moet die tydperk in ag geneem word in die berekening van die aftrekking vir doeleindes van Artikel 11(o) van die Inkomstebelasting Wet. Artikel 11(o) maak voorsiening vir die uitoefening van keuse om 'n verlies as aftrekking te eis vir die vervreemding, verlies of vernietiging van 'n bate waarvan die verwagte leeftyd vir belastingdoeleindes nie meer as tien jaar is nie. Die aftrekking moet gelyk wees aan die verskil tussen die bedrag ontvang of toegeval en die kosprys by beskikking van die bate.
LET WEL:
Kennis moet geneem word van die bepalings van par. 65 en par. 66 van die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet, wat op 22 Desember 2003 in werking getree het.
VERSTREKE HUUROOREENKOMS
Waar, by 'n verstryking van 'n huurooreenkoms ten opsigte van roerende bates, sodanige bates -
verkoop en die opbrengs aan u betaal is;
gratis vir 'n teenprestasie aan u oorgedra is; of enige ander voordeel onder hierdie omstandighede aan u toegeval het, moet volle besonderhede verstrek word.
Heg afskrifte van dokumente van die betrokke finansiële instelling aan.
HERWINNING VAN UITGAWES
Enige uitgawes of verliese wat in die lopende of 'n vorige jaar van aanslag as aftrekking toegelaat was by die berekening van u belasbare inkomste en wat gedurende die jaar van aanslag herwin of teruggevorder is, moet as inkomste getoon word indien dit nie alreeds in u lopende finansiële state verantwoord is nie.
RESERWES
Besonderhede van alle reserwes wat nie as sodanig in u balansstaat getoon is nie, moet verstrek word, met vermelding van bedrae oorgedra na die reserwerekening gedurende die jaar van aanslag en waar daardie bedrae in die rekeninge gedebiteer is.
RENTE BETAAL
Indien rente betaal is, moet die doel waarvoor die kapitaal aangewend is, aangedui word.
FINANSIERINGSKOSTE
Dit moet nie vir slytasiedoeleindes by die kosprys van bates aangekoop bygetel word nie, maar moet afsonderlik getoon word.
BUITELANDSE REISKOSTE
Indien die koste van buitelandse reise by u totale eis vir reiskoste ingesluit is, dui aan wie die reise onderneem het, die doel waarvoor dit onderneem is en verstrek besonderhede van die reisplan en die uitgawes.
TREKKINGS EN KAPITAALREKENINGE
Besonderhede van die bron en die bedrae waarmee hierdie rekeninge gekrediteer is, moet verstrek word.
ONINBARE EN TWYFELAGTIGE SKULDE
Voorsien volle besonderhede met betrekking tot bron, bedrae, datums, aard van skuld en redes waarom as slegte skuld beskou word.
In die geval van twyfelagtige skuld, moet 'n soortgelyke lys verstrek word en die bedrae wat as 'n toelae ten opsigte van sodanige skulde geëis, aangedui word.
OMHEINING VAN VASGESTELDE VERLIESE VAN SEKERE BEDRYWE
Artikel 20A is in die Belastingwet opgeneem met ingang van die 2005 jaar van aanslag. Die Artikel maak voorsiening dat, onderworpe aan sekere toetse, 'n vasgestelde verlies gely deur 'n natuurlike persoon, nie teen enige ander inkomste behalwe die inkomste verkry vanaf die betrokke bedryf in berekening gebring kan word nie. Dit beteken dat vasgestelde verliese gely ten opsigte van 'n bedryf, met spesifieke verwysing na sekere geïdentifiseerde bedrywe, in sekere omstandighede onderworpe sal wees aan die potensiële omheining van die vasgestelde verlies. Die omheining van so 'n verlies kan egter voorkom word indien die feite en omstandigheids toets, waarvoor in subartikel voorsiening gemaak word, aandui dat die bedryf 'n besigheid daarstel ten opsigte waarvan daar 'n redelike vooruitsig is om belasbare inkomste binne 'n redelike tydperk te verdien.
n Voorvereiste vir die toepassing van Artikel 20A is dat, in die jaar van aanslag waarin die omheining die eerste keer toegepas word, die belastingpligtige se belasbare inkomste (voor die verrekening van enige vasgestelde verlies uit die beoefening van enige bedryf gedurende daardie jaar van aanslag gely en die balans van 'n vasgestelde verlies wat van die voorafgaande jaar vorentoe gedra is) gelyk is aan of meer is as die bedrag waarop die maksimum marginale skaal van belasting vir individue hefbaar is. Ten opsigte van die 2006 jaar van aanslag is die maksimum marginale skaal hefbaar op belasbare inkomste wat R300 000 oorskry.
In die geval van die geïdentifiseerde bedrywe, soos gelys in Artikel 20A (b) van die Inkomstebelastingwet, kan die potensïele omheining van vasgestelde verliese reeds vanaf die 2005 jaar van aanslag toegepas word tensy die 'feite en omstandigheids toets' aandui dat dit 'n geregverdigde bedryf is.
Die omheining kan geskied ten opsigte van verliese met betrekking tot die geïdentifiseerde bedrywe of ander bedrywe ten opsigte van die drie-uit- vyf-jaar of die ses-uit-tien-jaar reël (uitgesluit boerdery inkomste).
Die geïdentifiseerde bedrywe gelys in Artikel 20A (b) is as volg:
n Sport wat deur daardie persoon of enige familielid beoefen word;
Enige handel in versamelstukke deur daardie persoon of 'n familielid;
Die verhuring van residensiële verblyf, tensy minstens 80% van die residensiële verblyf deur persone wat nie familielede van daardie persoon is nie gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Die verhuring van voertuie, lugvaartuie of bote, tensy minstens 80% van die voertuie, lugvaartuie of bote deur persone wat nie familielede van daardie persoon is nie gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Diereskouing deur daardie persoon of enige familielid;
Boerdery of dieretelery, tensy daardie persoon dit op 'n voltydse basis beoefen;
Enige vorm van uitvoerende of beeldende kunste; of
Enige vorm van dobbelary of weddenskap.
Die drie-uit-vyf-jaar reël
Die drie-uit-vyf-jaar reël het betrekking op alle bedrywe wat nie ingesluit is by die lys van geïdentifiseerde bedrywe nie. Die huidige jaar van aanslag moet in berekening gebring word met die toepassing van die drie-uit-vyf-jaar reël. Vasgestelde verliese gely ten opsigte van bedrywe wat nie geïdentifiseer is nie kan dus potensieel vanaf die 2007 jaar van aanslag omhein word ingevolgeArtikel 20A (a). Dit sal gebeur indien die spesifieke bedryf vir drie agtereenvolgende jare beginnende in die 2005 jaar van aanslag, 'n vasgestelde verlies ly. Die omheining kan egter uitgestel word as die bedryf 'n wins sou realiseer in enige van die jare waarna in die voorafgaande sin verwys word, soos geïllustreer in die volgende voorbeeld.
Jaar van aanslag Bedryfsaktiwiteit Wins / Verlies
Verhuring bate A Verlies gely
Verhuring bate A Wins gerealiseer
Verhuring bate A Verlies gely
Verhuring bate A Verlies gely
Verhuring word as 'n bedryf beskou en as gevolg van die feit daar nou uit drie van vyf jaar 'n verlies gely sal word (waar daardie persoon gedurende die vyf jaar tydperk wat eindig op die laaste dag van daardie jaar van aanslag, 'n vasgestelde verlies gely het in minstens drie jare van aanslag) sal die omheining van die vasgestelde verlies in die 2008 jaar van aanslag in werking tree. Indien daar egter in die 2008 jaar van aanslag 'n wins gemaak is en in die 2009 jaar van aanslag 'n verlies gely word, sal die omheining eers in die 2009 jaar van aanslag plaasvind.
Die bedrywe waarop die drie-uit-vyf-jaar bertekking het sluit die volgende in:
Die verhuring van residensiële verblyf, waar minstens 80% van die residensiële verblyf deur persone wat nie familielede van daardie persoon is gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Die verhuring van voertuie, lugvaartuie of bote, waar minstens 80% van die voertuie, lugvaartuie of bote deur persone wat nie familielede van daardie persoon is gebruik word vir minstens helfte van die jaar van aanslag;
Boerdery of dieretelery, waar daardie persoon dit op 'n voltydse basis beoefen; en
Enige ander bedryf wat nie spesifiek geïdentifiseer is nie.
Feite en omstandighede
Ten opsigte van beide die geïdentifiseerde sowel as die bogenoemde bedrywe kan die omheining van die vasgestelde verlies voorkom word in terme van subartikel wat voorsiening maak vir 'n ontsnappingsroete ingevolge waarvan die balastingpligtige kan bewys dat die betrokke bedryf 'n besigheid daarstel ten opsigte waarvan daar 'n redelike vooruitsig is om belasbare inkomste binne 'n redelike tydperk te verdien. Die faktore wat spesifiek in ag geneem sal word is die volgende:
Die verhouding van die bruto inkomste verkry uit daardie bedryf tot die bedrag van toelaatbare aftrekkings by die beoefening van daardie bedryf;
Die vlak van aktiwiteite beoefen deur daardie persoon of die bedrag van onkoste aangegaan ten opsigte van advertensie, promosie of verkope in die beoefening van die bedryf;
Of daadie bedryf op 'n kommersiële wyse beoefen word met inagneming van-
Die aantal voltydse werknemers aangestel vir die doeleindes van die bedryf;-Die kommersiële vestiging van die perseel waar die bedryf beoefen word;-Die mate van die toerusting wat uitsluitlik gebruik word vir doeleindes van die beoefening van daardie bedryf; en-Die tyd wat die persoon by die perseel spandeer ten einde die besigheid te bedryf.
Die aantal jare van aanslag waarin vasgestelde verliese gely is in die beoefening van daardie bedryf in verhouding tot die tydperk vanaf die datum wanneer die persoon daardie bedryf begin beoefen het en met inagneming van-
Enige onverwagte gebeure wat tot enige van daardie vasgestelde verliese aanleiding gegee het; en-Die aard van die betrokke besigheid.
Die besigheidsplanne van daardie persoon en enige veranderinge daaraan om te verseker dat belasbare inkomste in die toekoms verkry sal word uit die beoefening van daardie bedryf; en
Die mate waarin enige bate wat aan daardie bedryf toeskryfbaar is of beskikbaar is vir gebruik deur daardie persoon of enige familielid vir doeleindes van ontspanning of persoonlike gebruik.
Die ses-uit-tien-jaar reël
Waar vasgestelde verliese in ses uit tien jare gely word ten opsigte van die geïdentifiseerde bedrywe wat in subartikel 2(b) gelys is sal die feite en omstandighede toets nie meer beskikbaar wees om te voorkom dat die verlies omhein word nie. Dit beteken dus dat sou 'n verlies gely vanuit 'n geïdentifiseerde bedryf, met die toepassing van die feite en omstandigheids toets voorkom het dat die die vasgestelde verlies omhein word, sal dit ingevolge die ses-uit-tien-jaar reël nie langer moontlik wees om die omheining te verhoed nie. Alhoewel hierdie bepaling geld ten opsigte van al die geïdentifiseerde bedrywe word boedery- bedrywighede spesifiek in subartikel 7 uitgesluit van hierdie beperking. Die rede vir die uitsluiting is gesetel in die feit dat sekere vorms van boerdery aktiwiteite lang tydperke van verliese meebring alvorens 'n wins gerealiseer kan word.
Vasgestelde verlies wat in berekening gebring moet word
Ten opsigte van beide die vyf-uit-tien-jaar sowel as die ses-uit-tien-jaar reël sal enige vasgestelde verlies wat gely is in enige jaar van aanslag voor of op 29 Februarie 2004, buite rekening gelaat word.
Voltooiing van die huurskedule
Die huurinkomsteskedule op bladsy 8 en 9 van die opgawe bestaan uit die volgende 3 dele wat voltooi moet word:
Bepaling van wins / verlies uit die verhuring van eiendom / bate
Voltooi asseblief hierdie gedeelte volledig. Hierdie gedeelte bevat die minimum inligting wat benodig word vir die berekening van die huurwins of verlies.
Geliewe daarop te let dat elke bedryfsaktiwiteit afsonderlik beoordeel word vir die potensiële omheining van verliese. Onafhaklike finansiële state moet dus ten opsigte van elke bedryfsaktiwiteit opgestel word en die wins of verlies ten opsigte van elke bate (verhuring) apart aangedui word.
In sekere omstandighede is dit egter moontlik dat die verhuring van meer as een bate as 'n enkelbedryf beskou kan word. Indien dit die geval is moet die wins / verlies verkry as 'n enkel item gelys word en kan 'n gekombineerde stel finansiële state ingedien word. Ten einde SARS in staat te stel om te bepaal of dit wel een bedryf is moet die inligting soos versoek in gedeelte 2 van die skedule voltooi word.
Getroud binne gemeenskap van goedere
Indien u huurinkomste ontvang het en u binne gemeenskap van goedere getroud is moet slegs 50% van die wins / verlies verklaar word aangsien die ander 50% in ag geneem sal word by die berekening van u gade se belasbare inkomste.
Inligting benodig ten opsigte van die verhuring van eiendom / bate
Hierdie gedeelte moet volledig voltooi word. Verwys na gedeelte 1 hierbo.
In die geval van die verhuring van residensiële verblyf, voertuie, lugvaartuie en bote moet gelet word op die uitsluiting as geïdentifiseerde bedryf indien meer as 80% van die verhuring aan nie familielede vir minstens helfte van die jaar van aanslag plaasgevind het.
Plaaslike inkomste verkry uit die verhuring van eiedom / bate
Hierdie gedeelte bestaan uit die volgende 6 kolomme naamlik:
Adres van eiendom / beskrywing van bate
Indien die inkomste ten opsigte van die eiendom / bate reeds in die 2005 jaar van aanslag verklaar is en die aanslag reeds verwerk is, sal van die inligting op bladsy 2 van die opgawe gebruik gemaak kan word om die gedeelte te voltooi. Sou die besonderhede ten opsigte van die adres en / of beskrywing van die bate nie korrek weergegee wees op bladsy 2 van die opgawe nie moet u die korrekte besonderhede teenoor die betrokke unieke identifikasienommer in die huurinkomsteskedule aandui.
Unieke identifikasienommer
Die unieke identifikasienommer soos aangedui in deel 2 van u opgawe is programmaties deur SARS geskep, ten opsigte van elke eiendom / bate, gebaseer op die inligting wat u in u 2005 opgawe verstrek het. Indien u steeds inkomste vekry uit die verhuring van die eiedom / bate waarna die toegekende unieke identifikasienommer verwys, moet die betrokke nommer in hierdie kolom aangedui word.
Indien inkomste vir die eerste keer verkry word uit die verhuring van 'n eiendom / bate moet die kolom oopgelaat word aangesien 'n unieke identifikasienommer op aanslag programmaties deur SARS geskep en toegeken sal word. Dit beteken dat die kolom nie voltooi moet word nieindie geval waar die eiendom / bate in die huidige jaar van aanslag verkry is.
In die geval waar huurinkomste verklaar is in u 2005 belastingopgawe en die aansalag nog nie gefinaliseeer is nie sal die unieke identifikasienommer nie beskikbaar wees nie en moet die kolom oopgelaat word.
Bruto inkomste
Die bruto inkomste verkry vanuit die verhuring van 'n eiendom / bate moet in hierdie kolom getoon word. Geliewe te let dat die inkomste verkry uit onderskeie bates apart aangedui moet word tensy u spesifieke motivering voorsien waarom die inkomstes beskou moet word as verkry vanaf 'n enkelbedryf.
Wins / verlies
Die netto berekende wins of verlies verkry vanuit die verhuring van die eiendom / bate moet in die kolom aangedui word.
JA/ NEE aanwyser
Lees assesblief die vraag sorvuldig en dui dan aan of die verlies buite rekening gelaat moet word in die berekening van u belasbare inkomste indien 'n verlies gely is ten opsigte van die verhuring van die eiendom / bate. Indien u "JA" sou antwoord sal die verlies nie in aanmerking geneem word by die vasstelling van u belasbare inkomste nie. Sou u aandui dat die verlies nie omhein moet word nie sal u, u besluit moet staaf deur die dokumentasie, waarna die paragraaf "Feite en omstandighede" op bladsy 20 van hierdie brosjure verwys, aan te heg. Die dokumentasie moet gebaseer word op die feite wat spesifiek in hierdie paragraaf aangespreek word. Indien geen ondersteunende dokumentasie voorsien word nie kan 'n verlies moontlik ingevolge Artikel 20A van die Inkomstebelastingwet omhein word.
Bronkode
Gebruik die volgende lys van kodes ten einde hierdie gedeelte te voltooi. Indien u egter onseker is watter kode om te gebruik moet hierdie gedeelte oopgelos word en sal deur SARS voltooi word.
Wins: Sport 4280 Verlies: Verhuring van bote 2429
Verlies: Sport 4281 Wins: Huurwins plaaslik 4210
Wins: Versamelstukke 4282 Verlies: Huurverlies plaaslik 4211
Verlies: Versamelstukke 4283 Wins: Verhuring van trokke / motors / ens 2408
Wins: Diereskouing 4284 Verlies: Verhuring van trokke / motors / ens 2409
Verlies: Diereskouing 4285 Wins: Skrywer / komponis / kunstenaar 3110
Wins: Dobbel 4286 Verlies: Skrywer / komponis / kunstenaar 3111
Verlies: Dobbel 4287 Wins: Verhuring van vliegtuig 2416
Wins: Verhuring van bote 2428 Verlies: Verhuring van vliegtuig 2417
Buitelandse huurinkomste
Aangesien huurinkomste as bedryfsinkomste beskou word moet enige buitelandse huurinkomste verklaar word in die "Totale belasbare buitelandse inkomste skedule" en nie in die skedule vir plaaslike huurinkomste nie.
Ten einde uitvoering te gee aan die voorstelle met betrekking tot Belasting op Kapitaalwins (BKW), is die Agtste Bylae by die Inkomstebelastingwet gevoeg. Hierdie bylae bepaal 'n belasbare wins of aangeslane verlies en 'n nuwe Artikel 26A van die Wet maak voorsiening vir 'n belasbare wins wat ingesluit word by belasbare inkomste. Die BKW-bepalings het op 1 Oktober 2001 van krag geword.
Vasstelling van 'n kapitaalwins of -verlies n BKW-gebeurtenis word voorafgegaan deur die beskikking oor 'n bate. Tensy so 'n beskikking of geagte beskikking plaasvind / voorkom, ontstaan geen wins of verlies nie. BKW is van toepassing op alle bates waaroor voor of op 1 Oktober 2001 (waardasiedatum) beskik is. Slegs die wins of verlies wat vanaf 1 Oktober 2001 tot datum van beskikking toegeval het, sal binne die BKW wetgewing val.
n Bate word so wyd as moontlik gedefinieer en sluit in enige eiendom van watter aard ook al, asook enige belang daarin.
n Beskikking dek enige gebeurtenis, daad, toegeeflikheid of werking van die reg, wat die skepping, wysiging, oordrag, of vernietiging van 'n bate tot gevolg het. Dit sluit ook sekere gebeurtenisse in wat as beskikkings behandel word, soos die verandering in die gebruik van 'n bate.
Sodra beskik is oor 'n bate konstitueer / vorm die bedrag wat ontvang is of toegeval het die opbrengs van die beskikking.
Die basiskoste van die bate is gewoonlik die onkoste werklik aangegaan in die verkryging van die bate tesame met uitgawes wat direk verband hou met die verbetering en direkte kostes in verband met die aanskaffing en beskikking en sekere eiendomskostes. Die basiskostes sluit nie enige bedrae in wat andersins toegelaat is as 'n aftrekking vir inkomstebelastingdoeleindes nie.
Hoe word die basiskoste van 'n bate wat op 1 Oktober 2001 reeds in u besit was, bereken?
Ten einde die gedeelte van die wins wat betrekking het op die periode voor 1 Oktober 2001 uit te sluit kan enige van die volgende metodes gebruik word:
% van die opbrengs by beskikking sal as die basiskoste geag word (geen rekords beskikbaar en markwaarde kan nie bepaal word nie); OF
Markwaarde van die bate soos op 1 Oktober 2001 (die "waardasiedatum"); OF
DIE WET BEPAAL DAT SEKERE VEREISTES NAGEKOM MOET WORD WANNEER DAAR VAN DIE MARKWAARDE-METODE GEBRUIK GEMAAK WORD.
Tydsbestek waarbinne waardasies moet plaasvind
Alle waardasies moet gedoen word asof op 1 Oktober 2001 en moes gedoen gewees het voor 30 September 2004.
Deur wie mag waardasies gedoen word?
Die wet is nie voorskriftelik nie en die verantwoordelikheid en die onus rus op die persoon / entiteit om die regsgeldigheid van so 'n waardasie te staaf.
Vereistes vir die indiening van waardasiesertifikate
Indien die markwaardemetode van basiskoste gebruik word, moet 'n afskrif van die waardasiesertifikaat ingedien word saam met die betrokke inkomstebelastingopgawe wat verwys na die jaar van aanslag waarin die beskikking plaasgevind het. Sekere waardasies moet egter vroeër, saam met die eerste belastingopgawe wat na 30 September 2004 vereis word, ingedien word. Die onderstaande tabel dui hierdie tipes van bates aan.
Reëls wat winste en verliese beperk
Sekere reëls wat nie deur hierdie brosjure aangespreek word nie is in plek om winste en verliese te beperk wanneer die markwaardemetode gebruik word. Hierdie reëls voorkom fiktiewe verliese wat veroorsaak word deur oordrewe waardasies, asook ontbering indien bates bo markwaarde soos op 1 Oktober 2001 verkoop word, maar teen laer as die oorspronklike koste.
Hierdie metode mag gebruik word indien rekords beskikbaar is van die datum van verkryging en die koste van die bate. Die volgende formule word gebruik om die tydtoedelingsbasiskoste van die bate te bepaal.
Oorspronklike koste + [ Wins x Periode besit voor waardasiedatum ]Periode besit voor en na waardasiedatum (totale tydperk in besit)
Verbeterings of toevoegings wat aangebring is voor 1 Oktober 2001 word beskou asof dit plaasgevind het tydens verkryging van die bate. Die periode voor 1 Oktober 2001 word beperk tot 20 jaar. Die totale koste van toevoegings wat gemaak is na waardasiedatum vorm deel van die basiskoste (geen toedeling).
LET WEL: Die 20 jaar beperking geld nie waar daar geen toevoegings of verbeterings aangebring is voor die waardasiedatum nie.
UITSLUITINGS
Uitsluiting ten opsigte van primêre woning
In die geval van 'n individu of 'n tipe A spesiale trust (soos omskryf in Artikel 1 van die Inkomstebelasting Wet), sal die eerste R1 miljoen wins of verlies op 'n primêre woning nie in ag geneem word vir BKW doeleindes nie. Met ander woorde, waar 'n kapitale wins of verlies R1 miljoen te bowe gaan, sal die oorskot onderhewig wees aan BKW.
Ten einde te kwalifiseer as 'n primêre woning moet
Die belang deur 'n natuurlike persoon of 'n tipe Aspesiale trust gehou word;
Daardie persoon, begunstigde of die persoon se gade in albei gevalle gewoonlik daarin woonagtig wees en moet die bate as primêre woning gebruik word; en
Die woning hoofsaaklik vir huishoudelike doeleindes gebruik word.
n Primêre woning sluit die grond in waarop dit geleë is en kan ook die omliggende grond insluit wat hoofsaaklik vir huishoudelike of private doeleindes saam met die woning gebruik word. Die totale oppervlak van die grond mag egter nie groter wees as 2 hektaar nie. Ongekonsolideerde omliggende grond kan deel hiervan vorm, mits die transaksie by beskikking van die primêre woning die ongekonsolideerde omliggende grond insluit, en met dieselfde persoon/entiteit gesluit word.
Jaarlikse uitsluiting
In die geval van 'n individu en 'n tipe A spesiale trust is die jaarlikse uitsluiting R10 000. Verreken alle kapitaalwinste en/of -verliese ten opsigte van die betrokke jaar van aanslag en verminder dan die som daarvan met die jaarlikse uitsluiting van R10 000, beperk tot die wins of verlies, sou dit minder as R10 000 wees.
Indien 'n natuurlike persoon gedurende die jaar van aanslag afsterwe, word die jaarlikse uitsluiting in daardie geval verhoog tot R50 000.
LET WEL:
Die uitsluiting het betrekking op winste sowel as verliese.
Die insluitingskoers bepaal die belasbare inkomste ten opsigte van BKW
Die berekende totale kapitaalwins wat betrekking het op die betrokke jaar van aanslag word vermenigvuldig met die insluitingskoers (25%) om die belasbare kapitaalwins te bepaal. Die bepaalde kapitaalwins word voorts ingesluit by die belasbare inkomste vir die betrokke jaar van aanslag.
LET WEL:
n Kapitaalverlies kan slegs teen 'n kapitaalwins verreken word.
Gebruik onderstaande bronkodes t.o.v. Kapitaalwinste en -verliese as hoofbate tipes om Inkomste Skedule 3 te voltooi:
Bronkodes ten opsigte van Kapitaalwins/verlies Plaaslik Buite lands
Vaste onroerende bates bv. grond, geboue, minerale regte... 6502 6530 Verlies: Vaste onroerende bates bv. grond, geboue, minerale regte... 6503 6531 Primêre woning bv. huis, meenthuis, woonstel, boothuis, karavaan... 6504 6532 Verlies: Primêre woning bv. huis, meenthuis, woonstel, boothuis, karavaan... 6505 6533 Finansiële instrumente genoteer bv. aandele, eenhede in effektetrust, effekte, termynooreenkomste, opsies... 6506 6534 Verlies:Finansiële instrumente genoteer bv. aandele, eenhede in effektetrust, effekte, termynooreenkomste, opsies 6507 6535 Finansiële instrumente ongenoteer bv. aandele, skuldbriewe, promesses, effekte, opsies, vooruitooreenkomste, ruilooreenkomste, skuld... 6508 6536
Verlies: Finansiële instrumente ongenoteer bv. aandele, skuldbriewe, promesses, effekte, opsies, vooruitooreen-komste, ruilooreenkomste, skuld... 6509 6537 Ontasbare bates bv. klandisiewaarde, handelsmerke, patente, kopieregte, agentskappe franchises, lisensies, fidusiêre reg, vruggebruik of ander dergelike reg op eiendom... 6510 6538
Verlies: Ontasbare bates bv. klandisiewaarde, handelsmerke, patente, kopieregte, agentskappe franchises, lisensies, fidusiêre reg, vruggebruik of ander dergelike reg op eiendom... 6511 6539 Buitelandse valuta... 6512 NVT Verlies: Buitelandse valuta... 6513 NVT Installasies en masjinerie... 6514 6540 Verlies: Installasies en masjinerie... 6515 6541 Ander roerende bates wat vir besigheidsdoeleindes gebruik is bv. vliegtuie, bote, motorvoertuie, kantoormeubels en toerusting... 6516 6542
Verlies: Ander roerende bates wat vir besigheidsdoeleindes gebruik is bv. vliegtuie, bote, motorvoertuie, kantoormeubels en toerusting... 6517 6543 Ander roerende bates uitgesluit persoonlike gebruiksbates bv. Krugerrande, bote vir persoonlike gebruik 10 en vliegtuie vir persoonlike gebruik 450 kg... 6518 6544 Verlies: Ander roerende bates, uitgesluit persoonlike gebruiksbates bv. Krugerrande, bote vir persoonlike gebruik 10 meter en vliegtuie vir persoonlike gebruik 450 kg... 6519 6545
Om SARS in staat te stel om die kredietbedrag te bereken, wat toelaatbaar is ten opsigte van buitelandse belasting betaal op buitelandse inkomste ontvang, is dit noodsaaklik dat u die belasbare wins / verlies bereken, ten opsigte van buitelandse inkomste ontvang gedurende die betrokke jaar van aanslag, verdeel in die volgende kategorieë:
Buitelandse bedryfsinkomste;
Buitelandse dienste gelewer;
Ander buitelandse inkomste (uitgesonderd beleggingsinkomste, kapitaalwins, en buitelandse boerderybedrywighede); en
Netto inkomste verkry uit 'n Beheerde Buitelandse Maatskappy.
Omrekening van buitelandse valuta n Inwoner wat belasbare inkomste vanuit 'n buitelandse bron verkry, moet met die omrekening van belasbare inkomste na Rand, 'n keuse uitoefen tussen of
Die tyd-gebaseerde gemiddelde kontantkoers; of
Die geweegde gemiddelde kontantkoers.
Voorbeelde hiervan is, eksekuteurs-, kurators- of ander soortgelyke vergoeding, tantième, honoraria en enige betaling, toevalling of ontvangste, uit watter bron ook al. Besonderhede van die aard en oorsprong van die inkomste moet volledig op 'n aparte staat uiteengesit word.
Voltooi Skedule 6 op bladsy 10 van u opgawe indien u enige inkomste ontvang het wat u as nie-belasbaar beskou en voorsien volledige besonderhede ten opsigte van die aard en bedrae daarvan.
Alle inkomste wat direk vanaf veeteelt, landbou of ander boerdery-aktiwiteite verkry word, is boerdery-inkomste. Inkomste verdien uit boerderybedrywighede sal, behalwe die gewone boerdery-aktiwiteite, ook byvoorbeeld, weigelde wat verkry is deur 'n persoon wat boerderybedrywighede beoefen, herwinning van depresiasie wat voorheen as 'n aftrekking toegestaan is ten opsigte van voertuie, implemente en masjinerie wat in boerdery-aktiwiteite gebruik is en subsidies wat deur die boere ontvang is, of dit nou ten opsigte van boerderyprodukte of kapitale uitgawes, byvoorbeeld die bou van damme ontvang is, insluit. Wedgelde wat verdien is deur 'n boer wat renperde aanteel, asook 'n vasgestelde huurinkomste wat ten opsigte van plaaseiendom verkry is, sal nie boerdery-inkomste verteenwoordig nie.
LET WEL:
Inkomste ten opsigte van buitelandse boerdery-aktiwiteite moet afsonderlik getoon word. (Verwys na Skedule 7 van u opgawe.)
PRIVAATGEBRUIK
Indien lewende hawe en/of produkte vir privaatdoeleindes aangewend word, moet 'n bedrag gelykstaande aan die kosprys van die lewende hawe en/of produkte by die inkomste ingesluit wees.
LEWENDE HAWE VERKOOP WEENS DROOGTE, VEESIEKTE, ENS.
Verstrek die name en adresse van persone aan wie u lewende hawe en/of produkte verkoop of verruil het;
beskrywing van die lewende hawe of produkte; en die bedrag ontvang.
Die opbrengs ten opsigte van die verkoop van lewende hawe weens droogtetoestande, veesiekte of beskadiging van weiding deur brand of plaag; of uit hoofde van u deelname aan 'n veeverminderingskema deur die Regering georganiseer, moet as inkomste verklaar word aangesien die inkomste uit hierdie verkope belasbaar is.
Die Wet bepaal dat, onderhewig aan sekere voorwaardes, u mag kies om die prys van lewende hawe wat ter vervanging aangekoop word, af te trek; of in die jaar van aanslag waarin die lewende hawe aangekoop is; of in die jaar van aanslag waarin die oorspronklike lewende hawe verkoop is.
Indien u verkies om die aankoopprys van lewende hawe wat ter vervanging aangekoop word, na die jaar van verkoop terug te verwys (wat beteken dat u aanslag vir daardie jaar verminder sal word), moet SARS van u keuse in u opgawe vir die jaar waarin die verkoop plaasgevind het, verwittig word en volle besonderhede van die lewende hawe wat verkoop is, asook die rede vir die verkoop, voorsien word. Hierdie toegewing sal slegs toegestaan word indien u aan die volgende vereistes voldoen:
U moet lewende hawe wat weens droogtetoestande, veesiekte of beskadiging van weiding deur brand of plaag verkoop is, binne vier jaar na afsluiting van die jaar van aanslag waarin hulle verkoop is, vervang.
U moet lewende hawe, wat uit hoofde van u deelname aan 'n veeverminderingskema deur die Regering georganiseer, verkoop is, binne nege jaar na die afsluiting van die jaar van aanslag waarin hulle verkoop is, vervang.
VERKOPE VAN LEWENDE HAWE GEDEPONEER BY LANDBANK
Waar 'n boer op of na 1 Maart 1982 lewende hawe weens droogte verkoop het en die geheel of 'n gedeelte van die opbrengs van bedoelde verkope is gedeponeer in 'n rekening in die boer se naam by die Land- en Landboubank van Suid-Afrika, word die bedrag van sodanige deposito geag nie bruto inkomste te wees vir daardie jaar van aanslag nie. Slegs daardie gedeelte van die opbrengs wat binne 3 maande na ontvangs daarvan gedeponeer is, kwalifiseer vir die toegewing.
n Bedrag synde die geheel of 'n gedeelte van 'n som sodanig gedeponeer word:
indien dit onttrek word binne 6 maande na die laaste dag van die jaar van aanslag waarin bedoelde verkoop plaasgevind het, geag bruto inkomste te wees op die datum van sodanige verkoop; of indien dit onttrek word na die verstryking van 6 maande, maar binne 6 jaar na die laaste dag van die jaar van aanslag waarin bedoelde verkoop plaasgevind het, geag bruto inkomste te wees op die datum van sodanige onttrekking; of in die geval van 'n boer se dood of insolvensie binne die 6 jaar tydperk, geag bruto inkomste te wees op die dag voor die datum van dood of insolvensie; of indien dit nie onttrek word binne die 6 jaar tydperk nie, geag bruto inkomste te wees op die laaste dag van bedoelde tydperk.
U sal egter nie van hierdie vergunning gebruik kan maak nie indien u verkies het om die aankoopprys van lewende hawe, wat ter vervanging aangekoop word, as 'n aftrekking te eis in die jaar van aanslag waarin die lewende hawe weens droogte verkoop is.
Die volgende kan as riglyn gebruik word om die wins / verlies van boerdery-aktiwiteite te bepaal en om Skedule 7 van u opgawe te voltooi.
LET WEL:
Indien u gade vir sy/haar eie rekening geboer het, moet hy/sy 'n afsonderlike opgawe verstrek.
Plaaslike en buitelandse boerdery-aktiwiteite moet apart getoon word.
Verstrek die name en adresse van persone aan wie u lewende hawe en/of produkte geskenk het;
n beskrywing van die lewende hawe of produkte geskenk; en die markwaarde daarvan.
Indien u lewende hawe of produkte vir 'n ander doel as vir verkoop uit die Republiek verwyder het, verstrek n beskrywing van die lewende hawe en produkte wat verwyder is; en die markwaarde daarvan
Meld die getal persone in u gesin en die getal huisbediendes asook die geskatte waarde (gebaseer op produksiekoste) van die lewende hawe en produkte deur u, u gesin en huisbediendes gedurende die jaar van aanslag verbruik.
f Subsidies ontvang
Meld soort subsidie ontvang, byvoorbeeld vir verbandrente, damme, omheinings gronderosie, goedgekeurde bulle, ens.; en die bedrag ontvang ten opsigte van elke soort subsidie.
Verstrek besonderhede van enige ander boerdery-inkomste wat nie spesifiek hierbo vermeld is nie - dit sluit bonusse van landboukoöperasies in. Huurgeld van plaas-eiendom deur u verhuur moet in die opgawe onder huurinkomste verstrek word (Skedule 2 van u opgawe).
h Verhaling van uitgawes aangegaan ten opsigte van verbeterings
Het u of enige iemand anders as 'n werknemer gedurende die jaar van aanslag enige plaasgebou waarvan die koste voorheen as 'n aftrekking vir inkomstebelasting-doeleindes toegelaat is, bewoon?
Die totale bedrag ontvang of toegeval ten opsigte van roerende bates (masjinerie, gereedskap, ens.) wat gedurende die jaar van aanslag van die hand gesit is, moet as 'n verhaling in hierdie afdeling getoon word. Die totale bedrag van die verhaling sal by u inkomste ingesluit word, behalwe waar 'n saldo ten opsigte van ontwikkelings- en verbeteringsuitgawes vanaf die vorige jaar van aanslag oorgedra word. In so 'n geval sal die verhaling eers teen die saldo verreken word en slegs die balans van die verhaling, indien enige, sal as boerdery-inkomste in berekening gebring word.
Die volgende inligting ten opsigte van sodanige bates verkoop, in ruil gegee of geskenk, moet op 'n aparte staat verstrek word:
beskrywing van bate;
oorspronklike aankoopprys;
datum verkoop, in ruil gegee of geskenk; en verkoopprys of markwaarde van bate in ruil gegee of geskenk.
LET WEL:
Die totale bedrag van die verhaling met betrekking tot masjinerie, gereedskap, werktuie of artikels wat op of na 1 Julie 1988 in gebruik geneem is, moet onder deel (e) van hierdie gedeelte getoon word.
BOERDERY-UITGAWES (Let wel: Onkoste ten opsigte van u woning of huishouding moet uitgesluit word)
Verstrek n beskrywing van die eiendom(me) waarvoor huurgeld betaal is;
name en adresse van persone aan wie betaal; en die bedrag wat vir elke eiendom betaal is
Meld name en adresse van persone of instansies aan wie rente betaal is;
bedrag van elke lening;
rentekoers betaalbaar op elke lening;
doel waarvoor elke lening aangewend is; en die bedrag aan rente betaal ten opsigte van elke lening. KAPITAALTERUGBETALINGS MOET NIE INGESLUIT WORD NIE.
aard van die belasting; en die bedrag betaal. INKOMSTEBELASTING MOET NIE INGESLUIT WORD NIE.
Meld name en adresse van persone en firmas by wie gekoop; en die bedrag aan elk betaal.
Verstrek -
getal werknemers gewoonlik in diens;
getal los werknemers; en die bedrag werklik aan elke groep betaal. Moenie lone van huisbediendes insluit nie.
Lone betaal ten opsigte van verbeterings moet nie onder kontantlone geëis word nie, maar onder verbeterings.
Verstrek name en adresse van persone of firmas by wie u rantsoene aangekoop het en bedrae betaal.
Moenie die waarde van plaasprodukte deur uself geproduseer of lewende hawe deur u geteel of aangekoop en alreeds getoon, by hierdie deel insluit nie.
Onkoste ten opsigte van voertuie, masjinerie en implemente:
Brandstof, olie en ghries ii
Reparasies en onderhoud iii Assuransie en lisensies
Slytasie -voertuie
Aftrekking -masjinerie en implemente vi
Ander (spesifiseer op 'n aparte skedule)
Sub-totaal Min: Privaatgebruik van voertuie
Reparasies
Meld aard van reparasie. Hierdie deel het slegs betrekking op reparasies aan voertuie, masjinerie en implemente. Reparasies aan ander bates moet onder item (j) van hierdie afdeling getoon word.
Slytasietoelae ten opsigte van bates wat u besit, of verkry het uit hoofde van 'n krediet-afbetalingsooreenkoms
Hierdie toelae kan slegs geëis word ten opsigte van motorvoertuie (waarvan die uitsluitlike of primêre funksie die vervoer van persone is), 'n woonwa, 'n lugvaartuig (behalwe 'n lugvaartuig wat geheel of hoofsaaklik vir oesbespuiting gebruik word), of kantoormeubels of -toerusting wat vir boerderydoeleindes gebruik word. Die volgende inligting moet verstrek word;
besonderhede en waardes van bates waarop slytasie geëis word en wat aan die begin van die jaar van aanslag besit is;
datums, beskrywing en aankoopprys van nuwe bates gedurende die jaar van aanslag aangekoop of in ruil ontvang;
datum en beskrywing van bates gedurende die jaar van aanslag verkoop, in ruil gegee, ingeruil as gedeeltelike koopprys van ander bates, of as uitgedien onttrek en bedrae vir sodanige bates ontvang; en meld die oorspronklike datum van aankoop en koopprys van elke bate.
Aftrekking - masjinerie en implemente ten opsigte van bates wat u besit, of verkry het uit hoofde van 'n kredietafbetalingsooreenkoms n Aftrekking sal, met betrekking tot masjinerie, gereedskap, werktuie en artikels wat vir boerderydoeleindes vir die eerste keer in gebruik geneem word, soos volg toegestaan word:
% van die kontantkoste in die jaar van aanslag waarin die bate in gebruik geneem is;
% van sodanige koste in die daaropvolgende jaar van aanslag; en
% van sodanige koste in die derde jaar van aanslag.
Hierdie aftrekking is ook van toepassing op 'n lugvaartuig wat geheel of hoofsaaklik vir oes-bespuiting gebruik word. Die kontantkoste van 'n nuwe bate, aangeskaf om 'n bate te vervang wat beskadig of vernietig is, moet verminder word met die bedrag wat ten opsigte van die beskadigde of vernietigde bate verhaal is. Die bedrag verhaal word dus nie by die boer se inkomste ingesluitnie.
Slegs die werklike koste wat spesifiek vir die uitroei van onkruid of vir grondbewaring aangegaan is, moet geëis word.
Lone, rantsoene, brandstof, materiaal, ens., wat reeds geëis is, moet nie weer hier geëis word nie.
Indien die werk deur onafhanklike kontrakteurs uitgevoer is, moet die name van die kontrakteurs en die bedrae aan hulle betaal, verstrek word. Die aard van die werk deur u of die kontrakteur verrig, moet ook beskryf word.
Indien die werk die bou van damme, stuwalle of die oprigting van omheinings insluit, moet u verduidelik waarom u die uitgawe onder hierdie deel eis.
Verstrek aard van die reparasies; en die koste van die werk gedoen. Slegs reparasies aan geboue (uitgesonderd u private woonhuis of die van persone wat nie werknemers is nie), windpompe of pompmasjiene, ens., of uitgawes vir die instandhouding van ander bates wat vir boerderydoeleindes gebruik word, kan geëis word. Lone betaal aan eie plaaswerknemers moet nie onder hierdie deel ingesluit word nie.
UITGAWES AANGEGAAN TEN OPSIGTE VAN ONTWIKKELINGS EN VERBETERINGS
a Dipbakke b Damme, besproeiingskema, boorgate en pompmasjiene c Omheinings d Oprigting van / of aanbouings of verbeterings aan plaasgeboue, insluitende wonings vir werknemers e Aanplanting van bome, struike of meerjarige plante vir die produksie van druiwe of ander vrugte, neute, tee, koffie, hops, suiker, plantolie of veselstowwe en die aanlê van 'n gebied vir daardie doel f Die aanlê van paaie en brûe wat in verband met boerderywerksaamhede gebruik word g Die geleiding van elektriese krag vanaf die hooftransmissielyn na die plaastoestel
TOTAAL
Die volgende besonderhede moet afsonderlik ten opsigte van ontwikkelings- en verbeteringswerk verstrek word:
beskrywing van die werk wat onderneem is; en hoe die uitgawe wat geëis word saamgestel is, dit wil sê watter bedrae aan lone, materiale ens. gespandeer is en indien die werk deur 'n onafhanklike kontrakteur onderneem is, verstrek die naam en adres van sodanige kontrakteur en die bedrag aan hom betaal.
Huise vir werknemers opgerig, sluit nie u familielede in nie.
LEWENDE HAWE AANGEKOOP EN IN RUIL ONTVANG
Voorbeeld:
Boerdery - inkomste R 5 000
Eindvoorraad - Lewende hawe R 1 500
Min: Beginvoorraad - Lewende hawe R 1 000
Lewende hawe aankope R 8 000 R 9 000
Verlies op lewende hawe R 2 500
Die verlies van R2 500 is nie toelaatbaar nie en word na die volgende jaar van aanslag oorgedra.
Hierdie bepaling is nie van toepassing nie indien 'n boer kan aantoon dat hy die lewende hawe wat hy op of na 31 Mei 1988 verkry het, nie langer besit nie en nie van die hand gesit het nie.
Indien die boer kan bewys dat, byvoorbeeld as gevolg van droogte, die billike markwaarde van al sy lewende hawe aan die einde van die jaar van aanslag minder is as die verlies op lewende hawe, soos hierbo bereken tesame met die waarde van beginvoorraad van sy lewende hawe, word sodanige verlies met die verskil verminder.
Voorbeeld:
Bedrag wat oorgedra moet word (verlies op lewende hawe) R 2 500 Plus: Beginvoorraad van die lewende hawe R 1 000
R 3 500 Min: Billike markwaarde van eindvoorraad van lewende hawe R 3 000 Toelaatbaar R 500
Die bedrag van R2 500 word dus verminder na R2 000
Getal gedurende jaar gevrek Standaardindeling Standaard Waardes (Rande) Eie Waardes (Rande) Getal voorhande Totale Waardes (Rande)
BEESTE Bulle 50
Osse 40
Koeie 40
Tollies en verse: 2 3 jaar 30
Tollies en verse: 1 2 jaar 14
Kalwers 4
SKAPE Hamels 6
Ramme 6
Ooie 6
Gespeende lammers 2
BOKKE Volgroeid 4
Gespeende boklammers 2
PERDE Hingste oor 4 jaar 40
Merries oor 4 jaar 30
Reuns oor 3 jaar 30
Vulletjies onder 1 jaar 2
DONKIES Hingste oor 3 jaar 4
Hingste onder 3 jaar 2
Merries oor 3 jaar 4
Merries onder 3 jaar 2
MUILE 4 jaar en ouer 30
jaar 20
jaar 14
jaar 6
VOLSTRUISE Volgroeid 6
VARKE Oor 6 maande 12
Onder 6 maande 6
PLUIMVEE Oor 9 maande 1
CHINCHILLAS Alle ouderdomme 1
KEUSE VAN WAARDES VAN LEWENDE HAWE
Dui u plaaslike en buitelandse bates en laste apart aan op bladsy 12 van u opgawe en heg 'n lys met 'n individuele beskrywing van alle buitelandse bates aan bladsy 13 van u opgawe. Indien teenstrydighede sou voorkom ten opsigte van die bates verklaar in vergelyking met die bates wat voorheen verklaar is, word dit voorgestel dat 'n verduideliking aan u opgawe geheg word wat hierdie teenstrydighede opklaar.
Dui die bruto omset, soos gereflekteer op die finansiële state aan teenoor die kode 4501.
Indien u op enige van die vrae in hierdie Skedule bevestigend antwoord, moet die inligting en skedules soos versoek aan bladsy 13 van u opgawe geheg word.
Verkryging van 'n vaste bate
Verstrek 'n skedule wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die bate, sowel as die aankoopprys daarvan, aandui.
Afstand doen (verkoop) van 'n vaste bate
Verstrek 'n skedule wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die bate, sowel as die bedrag ontvang met die verkoop van die bate, aandui.
Verkryging van roerende bates, bv. motors, karavane, bote, ens.Verstrek 'n skedule met 'n beskrywing van die bates verkry waarvan die markwaarde R30 000 oorskry en dui die pryse ten opsigte van die betrokke bates aan.
Afstand doen (verkoop) van roerende batesVerstrek 'n skedule van al die bates waarvan die markwaarde R30 000 oorskry en dui die afsonderlike bedrae ontvang, ten opsigte van die onderskeie bates, aan.
Geskenke (donasies) ontvang Voorsien 'n skedule ten opsigte van alle geskenke / donasies ontvang waarvan die waarde R30 000 oorskry, met 'n beskrywing van die skenking / donasie, die waarde daarvan, asook die naam, adres en identiteitsnommer van die skenker.
Geskenke (donasies) gemaak Voorsien 'n skedule ten opsigte van alle geskenke / donasies gemaak waarvan die waarde R30 000 oorskry, met 'n beskrywing van die skenking / donasie, die waarde daarvan, asook die naam, adres en identiteitsnommer van die ontvanger.
Erflating ontvangVoorsien 'n skedule waarin alle erflatings ontvang, waarvan die waarde R30 000 oorskry, beskryf word, met die afsonderlike waarde ten opsigte van die onderskeie erflatings.
Begunstigde van 'n trustVoorsien 'n skedule waarin die trust se naam, geregistreerde adres en inkomstebelastingnommer (indien van toepassing), sowel as die naam van die land waar die trust geregistreer is, aangedui word.
Oordrag van fondse
Verstrek volle besonderhede van die bedrae en hoe dit aangewend is.
Buitelandse valuta
Voorsien 'n skedule met die bedrae en die redes waarom u dit as nie-belasbaar beskou.
PrysoordragvasstellingVerstrek besonderhede van die bruto bedrag ontvang / toegeval uit internasionale transaksies, aard van die bedrag en die aard van die verwantskap.
Assuransiepolisse gesedeer
Verstrek die volgende besonderhede:
Polisnommer
Waardasiesertifikaat vanaf die versekeraar op die daturm van sedering
Aan wie of deur wie die polis gesedeer is
Bedrag van vergoeding ontvang of betaal as gevolg van die sessie
Aandele in private maatskappye of belang in 'n beslote korporasie
Verstrek die volgende inligting:
Naam van die maatskappy
Aantal aandele gehou op 28 Februarie 2005
Besonderhede van enige voorskot, lening (insluitende enige vorm van krediet) of betaling aan u of namens u gemaak deur sodanige maatskappy
Bruikhuur
Heg 'n afskrif van die bruikhuur ooreenkoms aan u opgawe
Inkomste ontvang / toegeval aan u gade
Verskaf die bedrag ontvang / toegeval asook die aard van skenking gemaak, dienste gelewer en mate van deelname in die bedryf
Keuse in terme van par. 65 en / of par. 66 van die Agtste Bylae tot die Inkomstebelastingwet
Verstrek die volgende:
Beskrywing van die bate waaroor beskik is
Beskrywing van die vervangende bate
Die datums waarop die oorspronklike bate verkry is en oor beskik is
Die aankoopprys van die oorspronklike bate
Verskaf die bedrag verhaal t.o.v. elke leerling en afskrifte van die IB180 t.o.v. die betrokke leerders met betrekking tot die bedrae verhaal.
Vaste eiendom verkry vanaf 'n nie-inwoner
Heg asseblief 'n skedule aan wat 'n beskrywing en ligging (adres) van die vaste eiendom aandui.
Kapitaalwins
Voorsien die inligting soos versoek in die opgawe.
Indien u opgawe en stawende skedules deur iemand anders as uself voltooi is, moet daardie Persoon die Skedule op bladsy 14 van u opgawe voltooi en onderteken.
Opsomming van inligting in u opgawe verstrek om behulpsaam te wees met die berekening van u belastingaanspreeklikheid
ALGEMENE INLIGTING
Indien u enige buitelandse inkomste verdien het sal die toelaatbare aftrekkings ten opsigte van DONASIES,UITTREDINGANNUÏTEITSFONDSBYDRAES en MEDIESE EN TANDHEELKUNDIGE uitgawes toegedeel word in dieselfde verhouding wat u plaaslike en buitelandse inkomste teenoor die totale inkomste, voor die vermindering van die genoemde aftrekkings, dra. Vir verdere inligting raadpleeg die betrokke "Interpretation Note" op die SARS webwerf www.sars.gov.za of skakel u naaste SARS kantoor.
Statutêre skale van toepassing op individue
WAAR DIE BELASBARE INKOMSTE:
Nie R80 000 te bowe gaan nie 18% van elke R1 van die belasbare inkomste
R80 000 te bowe gaan, maar nie R130 000 nie R14 400 plus 25% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R80 000 oorskry
R130 000 te bowe gaan, maar nie R180 000 nie R26 900 plus 30% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R130 000 oorskry
R180 000 te bowe gaan, maar nie R230 000 nie R41 900 plus 35% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R180 000 oorskry
R230 000 te bowe gaan, maar nie R300 000 nie R59 400 plus 38% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R230 000 oorskry
R300 000 te bowe gaan R86 000 plus 40% van die bedrag waarmee die belasbare inkomste die bedrag van R300 000 oorskry
BEREKENING VAN BELASTINGAANSPREEKLIKHEID LET WEL: Indien u buitelandse inkomste ontvang het, moet u die paragraaf "Algemene inligting" opbladsy 35 bestudeer alvorens u die volgende berekening doen.
INKOMSTE
Alle items soos in deel 3 van u opgawe aangedui, maar uitgesluit nie-belasbare bedrae
Plaaslike beleggingsinkomste (Skedule 1, deel 2.1)
Buitelandse rente-inkomste (Skedule 1, deel 2.2)
Buitelandse dividende (Skedule 1, deel 2.3)
Plaaslike huurinkomste (Skedule 2)
Ander plaaslike inkomste (Skedule 5)
Sub-totaal
MIN: VRYSTELLINGS Vrygestelde beleggingsinkomste (R15 000 indien u onder die ouderdom van 65 jaar is en R32 000 indien u 65 jaar of ouer is). Verwys na die voorbeeld in die paragraaf wat handel oor beleggingsinkomste vir die toedeling van die vrystelling tussen plaaslike en buitelandse beleggingsinkomste.
Sub-totaal
MIN: AFTREKKINGS
Pensioenfondsbydraes (dele 5.3 / 5.4 van u opgawe)
Enige ander aftrekkings wat nie aangespreek word, bv. reis (maar uitgesluit donasies en mediese onkoste) (dele 5.9 / 5.10 en 5.11 van u opgawe)
Sub-totaal
TEL BY: (Ignoreer indien verlies)
Berekende kapitaalwins (Skedule 3) Minus: Jaarlikse Uitsluiting (R10 000) Sub-totaal (totale kapitaalwins) Totale kapitaalwins x 25% (insluitingskoers)
Totale belasbare buitelandse inkomste (Skedule 4)(Buitelandse beleggingsinkomste uitgesluit)
Sub-totaal
Donasies (deel 5.2 van u opgawe)
Sub-totaal (a)
Medies (deel 5.1 van u opgawe) Mediese aftrekkingskode 4008 Minus: 5% van sub-totaal (a) Minus beperking Toelaatbare mediese aftrekking Toelaatbare mediese aftrekking OF Mediese aftrekkingskode 4009 (gestremde persone) OF Indien u 65 jaar of ouer is, sal daar geen beperking wees nie.
BELASBARE INKOMSTE
Normale belasting op belasbare inkomste sien skale, bladsy 35 van hierdie brosjure
Kortings (sien bladsy 35 van hierdie brosjure)
TOTALE BELASTING BETAALBAAR
Buitelandse belasting betaal (verwys na bladsy 6 van die brosjure vir beperking)
Voorlopige belasting betaal (indien van toepassing)
BELASTING BETAALBAAR DEUR / AAN U
LET WEL: Eise ten opsigte van uitgawes sal nie oorweeg word nie mits die skedule volledig voltooi is en aan bladsy 13 van u opgawe geheg is.
Datum Verskaffer / Dokter VoorgeskrewemedikasieJa / Nee Is die eis by diemediesefondsingedien? Ja / Nee Rede vir die nie-indiening van die eis by die mediesefonds /Rede vir die nie-verhaling van die eis vanaf die mediesefonds Bedrag
TOTAAL: Indien die spasie in die skedule onvoldoende is, moet 'n addisionele skedule aangeheg word.
